Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 4/8 bl. 15
  • Christus se graf in Japan?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Christus se graf in Japan?
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Sjinto—Japan se soeke na God
    Die mensdom se soeke na God
  • Die Bybel verander lewens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • “Ek is nie dood nie”
    Ontwaak!—2011
  • Wat gebeur ná die dood?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 4/8 bl. 15

Christus se graf in Japan?

IN 1935 het Koma Takeöetsji, ’n Sjinto-priester, bekend gemaak dat hy Jesus Christus se graf op ’n heuwel in die dorpie Sjingo, in noordelike Japan, ontdek het. Hy het beweer dat dokumente wat in ’n familiepakhuis gevind is, toon dat Jesus ’n ruk lank in Sjingo gewoon het en daar gesterf het. In sy soektog na Jesus se graf het hy op ’n grondhoop afgekom en tot die slotsom gekom dat dit die graf is.

Vervolgens het ’n Hebreeuse dokument wat glo by die Takeöetsji-familie se tempel gevind is, verklaar dat Jesus Japan twee keer besoek het en selfs mistisisme saam met Japannese priesters bestudeer het. Die verslag beweer dat Jesus, nadat hy verraai is, van Judea na die Siberiese wildernis gevlug het, toe na Japan gereis het, met ’n plaaslike meisie genaamd Mijoeko getrou het, die vader van drie dogters geword het en op die ouderdom van 106 gesterf het. Volgens die storie was die man wat in Jerusalem om die lewe gebring is nie Jesus nie, maar sy jonger broer Isoekiri.

Wat sit moontlik agter so ’n storie? Volgens die koerant Mainitsji Sjimboen hou die verbintenis tussen Jesus en Sjingo “ekonomiese moontlikhede in waarvan die plaaslike owerhede maar alte goed bewus is”. Gevolglik word toerisme daar aangemoedig. Maar nie ’n te diep ondersoek nie. “Gestel hulle grawe die graf op en vind niks anders as ou koeibene nie”, het ’n waarnemer gesê. “Stel jou voor hoe teleurgesteld almal sal wees.”

Besoekers vergader derhalwe elke jaar op 3 Mei pligsgetrou voor die sogenaamde graf van Jesus om die “Christusfees” te vier. ’n Sjinto-priester lei die diens en dryf bose geeste uit voor die dansery begin.

Steek daar iets in hierdie storie? Nee. Volgens die Bybel het Jesus teen die ouderdom van 30 algemeen bekend gestaan as ’n timmerman se seun wat in Nasaret grootgeword het, en nie as ’n wêreldreisiger nie. Die vier Evangelies bevat ooggetuieverslae van Christus se predikingsveldtog in Israel van die ouderdom van 30 tot 33. Dit sluit plekke en datums in en bevestig dat dit Jesus Christus self was wat in Jerusalem om die lewe gebring is. Ware Christene laat hulle dus nie beïnvloed deur oordrewe verslae wat Bybelwaarheid om selfsugtige redes probeer verdraai nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel