Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 3/8 bl. 31
  • ’n Innige versoek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Innige versoek
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Aanneming—Is dit vir jou?
    Ontwaak!—1996
  • Aanneming—Waarom en hoe?
    Ontwaak!—1996
  • Hoe babas ’n huwelik verander
    Julle gesin kan gelukkig wees
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 3/8 bl. 31

’n Innige versoek

DIE Ontwaak! van 8 Mei 1996 het ’n reeks artikels oor aanneming bevat. Ons was aangenaam verras deur die reaksie wat ons van lesers oor die hele wêreld ontvang het. Die volgende brief was veral hartroerend.

“Ek voel ek moet eenvoudig daarop wys dat baie van ons wat ons kinders laat aanneem het hulle werklik graag wou hou. Ek was ’n ongetroude tiener wat nog op skool was. Toe my ouers uitvind dat ek swanger is, het hulle onmiddellik vir my gesê dat ek die kind se belange voor my eie moes stel en hom moes laat aanneem. Daar is vir my gesê dat ‘’n baba ’n moeder en ’n vader nodig het’, wat ek nie kon voorsien nie. My ouers wou nie hê dat ek die baba moes hou nie—daar was geen plek vir my met ’n baba in hulle huis nie. Wat kon ek doen? Hulle het geredeneer: ‘Jy sal jou baba dit verkwalik dat hy jou jou vryheid ontneem het.’

“Toe my swangerskap duidelik sigbaar geword het, is ek uit die skool gehaal en na ’n familielid weggestuur. Toe ek die huis verlaat, het ek geweet dat ek nie weer daar welkom sou wees totdat my swangerskap verby was en ek die baba laat aanneem het nie.

“Ek is na ’n tehuis vir ongetroude moeders gestuur. Toe die maatskaplike werkster vir my gevra het of ek seker was van my besluit om die baba te laat aanneem, het ek geweet dat sy nie besef ek het geen ander keuse nie. EK WOU MY BABA HOU! Ek het nog altyd gewens dat ek hom laggend en gelukkig kon sien. Julle lesers moet weet dat baie biologiese moeders voel soos ek gevoel het.

“Ek is nie werklik enige keuse gegee nie. Ek het dus gedoen wat daar vir my gesê is in die kind se ‘belang’ sou wees. En ek het sedertdien met ’n diep wond saamgeleef. Ek bekommer my dat my seun dalk dink dat ek nooit vir hom omgegee het en dat ek hom nie wou hê nie.

“Noudat ek ’n Christen is, waardeer ek altyd die Bybelraad oor die moeiliker situasies wat ons oor onsself bring omdat ons nie God se Woord in ons lewe toepas nie. Dit toon die pynlike en verreikende gevolge van die wêreldse manier van redeneer. Maar aangenome mense moet weet dat dit nie beteken dat hulle ouers hulle nie wou hê net omdat hulle hulle laat aanneem het nie. Sê dit asseblief vir hulle!”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel