Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 2/22 bl. 24
  • Verslaggewer in Kiëf prys die Getuies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verslaggewer in Kiëf prys die Getuies
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Eenheid wat die wêreld verstom
    Ontwaak!—1993
  • Verbaas oor wat hulle gesien het
    Ontwaak!—1991
  • Byeenkomste—bewys van ons broederskap
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Sal die wêreld verenig?
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 2/22 bl. 24

Verslaggewer in Kiëf prys die Getuies

OLEKSA KOERPAS het die byeenkoms wat Jehovah se Getuies van 5 tot 8 Augustus 1993 in Kiëf, in die Oekraïne, gehou het, groot lof toegeswaai. Hy het op 10 Augustus in Kiëf se Democratic Ukraine geskryf:

“Daar was lank laas soveel mense in die Republikeinse Stadion . . . Stel jou voor: 64 000 mense (waaronder duisende buitelanders) wat in hotelle tuisgegaan het, die winkels besoek het en van die openbare vervoer gebruik gemaak het. . . . Die byeenkoms van Jehovah se Getuies was van ’n hoë standaard. Die sprekers wat die toesprake gehou het, het luide applous ontvang (soos in die goeie ou dae), en die trane het oor my wange gerol.

“Nie almal weet van hierdie godsdiens nie. In teenstelling met die Ortodokse geloof glo Jehovah se Getuies dat Jesus Christus net die Seun van God is en dat die heilige gees God se mag, of krag, is (dit wil sê, hulle glo nie dat die drie in die Heilige Drie-eenheid verenig is nie). Hulle leer dat daar nie ’n hel is nie. Ná ’n skrikwekkende oordeel sal die wêreld in ’n paradys omskep word, waar die regverdiges sal lewe en die sondaars sal sterf. Die aanhangers van hierdie geloof plaas hulle hoofklem op die gesin. Dit is iets heiligs, die ware grondslag van alles, die pragtigste en liefdevolste instelling ter wêreld. Hulle het so ’n vriendelike gesindheid teenoor hulle broers en susters (en selfs merkwaardiger—teenoor mense van ander gelowe). Ek het nog nooit so iets gesien nie. . . .

“Iets baie interessants het Saterdag, 7 Augustus, gebeur. Op hierdie dag is ’n ongeëwenaarde aantal mense, naamlik 7402, by die Internasionale Byeenkoms van Jehovah se Getuies gedoop. Ses groot opslaanbaddens is vir hierdie ongewone en belangrike gebeurtenis op die Stadion se atletiekbaan opgerig. Sestig geestelike ryp manne het die doop behartig deur hierdie nuwe predikers van die goeie nuus in water te onderdompel. Hierdie hele seremonie het 2 uur en 15 minute geduur. . . .

“Die nuwe dissipels het die vyf seksies van die stadion wat hulle gevul het, verlaat en is begroet met die applous van die Jehovah se Getuies wat die byeenkoms bygewoon het. Die aantal wat in Kiëf gedoop is, het die vorige rekordsyfer van 1958 [naamlik 7136], by die internasionale byeenkoms in New York, oortref. Oor die algemeen, met so ’n uitsonderlike organisasie soos wat Jehovah se Getuies het, sal hierdie godsdiensbeweging in die nabye toekoms ongetwyfeld baie Ortodokse siele wat al lank in daardie geloof is, win.

“Ek hoop die leiers van die verskillende godsdienste sal my vergewe, maar as hulle nie ophou met hierdie belaglike twiste onder mekaar nie, gaan hulle honderdduisende godsdienstige mense verloor. Hierdie byeenkoms het getoon dat dit werklik moontlik is om vrede en harmonie onder mense van verskillende nasionaliteite en van verskillende lande te bewerkstellig.”

[Prent op bladsy 24]

Van die 7402 wat by die byeenkoms in Kiëf, in die Oekraïne, gedoop is

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel