Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 6/22 bl. 31
  • Babas, bloed en Vigs

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Babas, bloed en Vigs
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulp aan diegene met vigs
    Ontwaak!—1994
  • VIGS—sy tragiese slagting onder kinders
    Ontwaak!—1991
  • VIGS—Wat ouers en kinders moet weet
    Ontwaak!—1991
  • VIGS—’n Krisis vir tieners
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 6/22 bl. 31

Babas, bloed en Vigs

HIERDIE tragiese berig het onlangs op die voorblad van The New York Times verskyn: “’n Ongewone Vigs-kinderepidemie bedreig Roemenië, wat hoofsaaklik in stampvol weeshuise en klinieke versprei word deur ’n ouderwetse gebruik om pasgebore babas ’n bloedoortapping te gee.”—8 Februarie 1990.

Blykbaar het sommige Roemeense dokters gebruiklik klein hoeveelhede bloed in die naelstring van pasgebore babas ingespuit in die hoop dat hierdie “mikro-oortapping” die kind se groei sal stimuleer. Die gebruik was in werklikheid ’n skrikwekkend doeltreffende manier om Vigs te versprei; ’n halfliter besmette bloed bevat genoeg dosisse vir baie babas.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie, wat ’n noodspan geneeshere na Roemenië gestuur het, stel die getal Roemeense kinders wat reeds met die Vigs-virus besmet is op 700, met ’n bykomende 50 wat reeds aan Vigs ly. Die hoof van die organisasie se Vigs-program het aan die Times gesê dat die Vigs-besmettingsyfer onder hierdie kinders onder die hoogste ter wêreld is.

Roemenië het onder die Ceausescu-bewind wat onlangs omvergewerp is nie amptelik ’n Vigs-bedreiging gehad nie. Enige nuus oor die verspreiding van die siekte was ’n streng bewaakte staatsgeheim. Bloedskenkers is nie eens vir Vigs getoets nie. Dit het nou verander. Maar gedurende die anderhalf jaar voor die revolusie het baie Roemeense dokters nie eers aan Vigs gedink toe hulle al hoe meer kinders begin sien het met infeksies wat net nie wou weggaan nie. Soos een van hulle gesê het: “Waarom so ’n virus bestudeer as jy gesê word dat dit nie in Roemenië bestaan nie?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel