Hulp terwyl jy grootword
DIT is nie maklik om in hierdie swaar tye groot te word nie. Jongmense kom voor talle nuwe situasies te staan, en moet belangrike besluite neem. Moet ek rook? Dwelms gebruik? Wat is die korrekte gedrag teenoor die ander geslag? Wat van selfbevlekking en homoseksualiteit? Een jong persoon het geskryf:
“Ek is nou amper 13 jaar oud, en ek wil julle net bedank vir die Jeug-boek. Hierdie boek het my baie gehelp tydens hierdie moeilike tye terwyl ek grootword. Ek wens net dat al die kinders van my ouderdom of ouer van hierdie boek geweet het.”
Hierdie boek, wat al die bogenoemde vrae en talle ander bespreek, is Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut. Jy kan ’n eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos.
Dit maak deel uit van ’n wêreldwye Bybelopvoedkundige werk wat deur vrywillige skenkings ondersteun word.
Ek wil graag die hardebandboek met 192 bladsye Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut ontvang.