Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbv artikel 29
  • Johannes 14:27 – “Vrede laat Ek vir julle na”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Johannes 14:27 – “Vrede laat Ek vir julle na”
  • Verduidelikings van Bybelverse
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Betekenis van Johannes 14:27
  • Konteks van Johannes 14:27
  • Hoe jy goddelike vrede in groter mate kan geniet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Hoe vrede op aarde kan kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Volg Jesus na en behou jou vrede
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Sien nog
Verduidelikings van Bybelverse
ijwbv artikel 29

VERDUIDELIKINGS VAN BYBELVERSE

Johannes 14:27 – “Vrede laat Ek vir julle na”

“Terwyl ek nog by julle is, sal ek aanhou om julle die vrede te gee wat julle nou geniet. Die vrede wat ek julle gee, is anders as die vrede wat die wêreld julle gee. Moenie dat julle harte bekommerd of bang word nie.” – Johannes 14:27, Nuwe Wêreld-vertaling.

“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” – Johannes 14:27, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (1983).

Betekenis van Johannes 14:27

Met hierdie woorde het Jesus sy apostels op ’n liefdevolle manier verseker dat hulle nie te bekommerd moet wees as hulle probleme het nie. Hulle kon, soos hy, met God se hulp kalm bly.

Watter soort vrede het Jesus vir sy apostels nagelaat, of gegee? Jesus het vir hulle sy vrede gegee, dit wil sê dieselfde vrede wat hy gehad het. Hierdie vrede het nie beteken dat daar nie probleme of moeilike tye sou wees nie (Johannes 15:20; 16:33). Hoewel Jesus onregverdig behandel is en uiteindelik doodgemaak is, het hy innerlike vrede gehad (Lukas 23:27, 28, 32-34; 1 Petrus 2:23). Hy het innerlike kalmte gehad omdat hy geweet het dat sy Vader, Jehovah, hom liefhet en goedkeur. – Matteus 3:16, 17.a

Jesus het vir sy apostels vrede gegee deur hulle te verseker dat hy en sy Vader hulle liefhet en goedkeur (Johannes 14:23; 15:9, 10; Romeine 5:1). Hierdie vrede, wat gebaseer is op hulle geloof in Jesus as God se Seun, het hulle gehelp om nie bang te wees nie en om hulle te kalmeer (Johannes 14:1). Al sou Jesus nie meer fisies by hulle wees nie, het hy belowe dat God se heilige gees hulle sou help om op God te vertrou en innerlike vrede te hê (Johannes 14:25-27). Jesus se volgelinge kon moeilike situasies moedig hanteer omdat hulle geweet het dat hulle Jehovah se goedkeuring en ondersteuning het. – Hebreërs 13:6.

Toe Jesus op die aarde was, het mense die gewoonte gehad om mekaar vrede toe te wens wanneer hulle gegroet het (Matteus 10:12, 13). Maar Jesus het nie net sy apostels vrede toegewens nie. Hy het hulle vrede gegee. En die vrede wat Jesus hulle gegee het, was anders as enige soort vrede wat die wêreldb kon gee. Die wêreld kan mense ’n mate van vrede gee deur middel van verhoudings, rykdom, beroemdheid of posisie. Maar Jesus se vrede hang nie van omstandighede in die lewe af nie. Dit is ’n blywende innerlike vrede.

Konteks van Johannes 14:27

Jesus het hierdie woorde vir sy getroue apostels op die aand voor sy dood gesê. Daardie aand het hy vir hulle gesê dat hy hulle binnekort sou verlaat (Johannes 13:33, 36). Dit het sy apostels baie hartseer gemaak (Johannes 16:6). Daarom het Jesus hulle verseker. Hy het vir hulle verduidelik hoekom hulle nie bekommerd hoef te wees oor wat met hulle sou gebeur wanneer hy weggaan nie.

Jesus se woorde kan Christene vandag ook aanmoedig. Ons kan ook vrede hê (2 Tessalonisense 3:16). Wanneer ons een van Jesus se dissipels word, leer ons dat hy en sy Vader, Jehovah, ons liefhet en goedkeur (Kolossense 3:15; 1 Johannes 4:16). Daarom hoef ons nie te angstig te wees nie. Hoekom? Want God is aan ons kant. – Psalm 118:6; Filippense 4:6, 7; 2 Petrus 1:2.

Lees Johannes hoofstuk 14 in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Bybel. Hierdie Bybel wat maklik is om te lees, bevat oudio-opnames, verduidelikende voetnote, kruisverwysings en in die aanhangsels kan jy ekstra inligting kry soos prente, diagramme en kaarte.

Kyk na hierdie kort video om ’n oorsig van die boek Johannes te kry.

a Jehovah is die persoonlike naam van God (Psalm 83:18). Sien die artikel “Wie is Jehovah?”

b In die Bybel kan die woord “wêreld” verwys na mense wat nie ’n verhouding met God het nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel