Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 7
  • Hy het by mense in die tronk geleer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het by mense in die tronk geleer
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Korrespondensie met gevangenes
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Versprei Koninkryksaad by elke geleentheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Van politieke aktivis tot neutrale Christen
    Ontwaak!—2002
  • “Die woord van God is nie gebonde nie”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 7
Mense in die tronk deel kos met mekaar

Hy het by mense in die tronk geleer

In 2011 het ’n man van Eritrea as ’n vlugteling Noorweë toe gekom. Toe Jehovah se Getuies hom ontmoet het, het hy vir hulle gesê dat hy kontak met die Getuies in sy geboorteland gehad het. Hy het vir hulle vertel dat toe hy in die weermag was, het hy gesien dat Getuies wat vir hulle geloof in die tronk is, nie gedwing kon word om by die weermag aan te sluit nie al is hulle sleg behandel.

Iets het toe in sy lewe gebeur en hy is skielik tronk toe gestuur. Hy was in die tronk saam met drie Getuies – Paulos Eyasu, Negede Teklemariam en Isaac Mogos – wat al van 1994 in die tronk is vir hulle geloof.

Terwyl hy in die tronk was, het hy self gesien dat Jehovah se Getuies volgens die Bybelstandaarde lewe wat hulle aan ander leer. Hy het opgelet dat hulle eerlik is en selfs hulle kos deel met ander mense in die tronk. Hy het gesien dat die Getuies die Bybel elke dag saam gestudeer het en ander genooi het om dit ook saam met hulle te doen. Hulle kon uit die tronk vrygelaat word as hulle ’n dokument geteken het waarin hulle sê dat hulle Jehovah nie meer sou dien nie, maar hulle het geweier.

Hierdie opregte man is diep geraak deur hierdie ondervinding. Nadat hy na Noorweë getrek het, wou hy uitvind waarom Jehovah se Getuies sulke sterk geloof het. Toe die Getuies hom besoek het, het hy onmiddellik die Bybel saam met hulle begin studeer en hulle vergaderinge ook begin bywoon.

Hy is in September 2018 as een van Jehovah se Getuies gedoop. Hy gebruik nou elke geleentheid om mense van Eritrea en Soedan te kontak sodat hy hulle kan aanmoedig om die Bybel te studeer en om sterk geloof op te bou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel