Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwex artikel 9
  • ’n Predikant kry antwoorde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Predikant kry antwoorde
  • Ondervindinge van Jehovah se Getuies
Ondervindinge van Jehovah se Getuies
ijwex artikel 9
’n Vrou wys ’n teks uit die Bybel vir ’n predikant wat huil.

’n Predikant kry antwoorde

Eendag het Eliso, een van Jehovah se Getuies, ’n Bybelstudie met ’n belangstellende vrou gehou. Die vrou het onverwags besoekers gekry. ’n Predikant en sy vrou het voor die deur gestaan. Eliso het toe uitgevind dat die paartjie se enigste seun onlangs gesterf het.

Toe Eliso vir hulle sê hoe jammer sy is om oor die dood van hulle seun te hoor, het die predikant en sy vrou vreeslik begin huil. Toe het die predikant kwaad gesê: “Ek kan nie verstaan hoekom God toegelaat het dat ons so getoets word nie! Hoe kon hy my enigste seun wegvat? Ek dien God al 28 jaar lank, en ek doen soveel goeie dinge, en dis hoe hy my terugbetaal! Hoekom het God my seun doodgemaak?”

Eliso het vir die paartjie verduidelik dat God nie hulle seun weggevat het nie. Sy het ook onderwerpe met hulle bespreek soos die losprys, die opstanding en die redes hoekom God toelaat dat slegte dinge gebeur. Die predikant en sy vrou het vir Eliso gesê dat sy vir hulle die antwoorde gegee het waarvoor hulle gebid het.

Die volgende week het die predikant en sy vrou teruggekom en aangesluit by die Bybelstudie wat Eliso met die belangstellende vrou gehou het. Eliso en die vrou was besig met die hoofstuk “Ware hoop vir jou geliefdes wat gesterf het” in die boek Wat leer die Bybel werklik? Die paartjie het entoesiasties deelgeneem aan die bespreking.

Albei van hulle het later die spesiale streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies in Tbilisi, Georgië, bygewoon. Hulle was diep geraak deur die liefde en eenheid wat hulle daar gesien het. Hulle het probeer om hierdie eienskappe vir die lede in hulle kerk te leer, maar hulle het dit nie reggekry nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel