Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 166
  • Is geld die wortel van alle kwaad?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is geld die wortel van alle kwaad?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat sê die Bybel oor geld?
  • Hoekom waarsku die Bybel ons teen die liefde vir geld?
  • Hoe kan die Bybel se raad oor geld ons help?
  • Geld
    Ontwaak!—2014
  • ’n Gebalanseerde beskouing van geld
    Ontwaak!—2015
  • Wat is die verstandige beskouing van geld?
    Ontwaak!—2007
  • Hoe kan jy ’n gebalanseerde beskouing van geld behou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 166
’n Man wat baie geld wil vat.

Is geld die wortel van alle kwaad?

Die Bybel se antwoord

Nee. Die Bybel sê nie dat geld sleg is of dat dit die oorsaak van alle slegte dinge is nie. Die algemene uitdrukking “geld is die wortel van alle kwaad” is ’n onvolledige en ’n misleidende aanhaling uit die Bybel. Die Bybel sê eintlik dat ‘die liefde vir geld die wortel van alle kwaad is’.a – 1 Timoteus 6:10, King James Version, ons beklemtoon.

  • Wat sê die Bybel oor geld?

  • Hoekom waarsku die Bybel ons teen die liefde vir geld?

  • Hoe kan die Bybel se raad oor geld ons help?

  • Bybelverse oor geld

Wat sê die Bybel oor geld?

Die Bybel sê dat dit ons kan help wanneer ons geld wyslik gebruik en is selfs “’n beskerming” (Prediker 7:12). Die Bybel prys ook almal wat vrygewig is teenoor ander. Dit sluit dalk in dat ons geld gee as ’n geskenk. – Spreuke 11:25.

Terselfdertyd waarsku die Bybel ons om nie net op geld te fokus nie. Dit sê: “Julle lewenswyse moet vry wees van die liefde vir geld, terwyl julle tevrede is met die dinge wat julle nou het” (Hebreërs 13:5). Die les is dat ons geld op sy plek moet hou en nie rykdom moet najaag nie. Dit moet eerder ons doelwit wees om tevrede te wees met wat ons regtig nodig het, soos kos, klere en ’n dak oor ons kop. – 1 Timoteus 6:8.

Hoekom waarsku die Bybel ons teen die liefde vir geld?

Gierige mense sal nie die ewige lewe kry nie (Efesiërs 5:5). Een rede hiervoor is dat gierigheid ’n vorm van afgodediens, of valse aanbidding, is (Kolossense 3:5). Nog ’n rede hiervoor is dat gierige mense dikwels nie by goeie beginsels bly nie sodat hulle kan kry wat hulle wil hê. Spreuke 28:20 sê dat dié “wat probeer om vinnig ryk te word, . . . nie onskuldig [sal] bly nie”. Hulle sal dalk in die versoeking kom om misdade, soos afpersing, bedrog, ontvoering of moord, te pleeg.

Al veroorsaak die liefde vir geld nie dat jy slegte dinge doen nie, kan dit ander negatiewe gevolge hê. Die Bybel sê dat “dié wat vasbeslote is om ryk te wees, val in versoeking en ’n strik en swig voor baie dwase en skadelike begeertes”. – 1 Timoteus 6:9.

Hoe kan die Bybel se raad oor geld ons help?

As ons nie ons standaarde en geestelike waardes prysgee om geld te maak nie, sal ons selfrespek, God se goedkeuring en sy ondersteuning hê. God belowe aan almal wat regtig probeer om hom gelukkig te maak: “Ek sal jou nooit verlaat nie en jou nooit in die steek laat nie” (Hebreërs 13:5, 6). Hy verseker ons ook dat “’n betroubare man . . . baie seëninge [sal] kry”. – Spreuke 28:20.

Bybelverse oor geld

Prediker 7:12: “Geld [is] ’n beskerming.”

Wat dit beteken: Dit kan ons help wanneer ons geld wyslik gebruik, want dit kan ons op ’n manier beskerm.

Lukas 12:15: “Selfs wanneer iemand ’n oorvloed het, hang sy lewe nie van sy besittings af nie.”

Wat dit beteken: Geld is nie die belangrikste ding in die lewe nie. Dit kan nie ons lewe red nie.

1 Timoteus 6:10: “Die liefde vir geld is ’n wortel van allerhande skadelike dinge, en deur hulle aan hierdie liefde oor te gee, het party van die geloof afgedwaal en baie pyn vir hulleself veroorsaak.”

Wat dit beteken: Geld is nie ’n slegte ding nie. Mense wat lief is vir geld – wie se lewe daarom draai – veroorsaak probleme vir hulleself. Dit sluit dinge in soos gebroke gesinne en swak gesondheid omdat hulle te veel gewerk het om geld te maak.

Hebreërs 13:5: “Julle lewenswyse moet vry wees van die liefde vir geld, terwyl julle tevrede is met die dinge wat julle nou het.”

Wat dit beteken: In plaas daarvan om rykdom na te jaag, is dit beter om tevrede te wees met wat ons regtig nodig het.

Matteus 19:24: “Dit [is] makliker . . . vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”

Wat dit beteken: Jesus het ’n jong ryk man genooi om hom te volg. Hy het geweier omdat hy te lief was vir sy besittings. So hier sien ons Jesus se waarskuwing. ’n Persoon wat rykdom bo God kies, staan ’n kans om die ewige lewe te verloor.

a Hierdie vers is ook vertaal as: “Die liefde vir geld is ’n wortel van allerhande skadelike dinge.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel