Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwfq artikel 46
  • Hoeveel Jehovah se Getuies is daar regoor die wêreld?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoeveel Jehovah se Getuies is daar regoor die wêreld?
  • Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe tel julle die aantal Getuies van Jehovah?
  • Moet ’n mens geld skenk om een van Jehovah se Getuies te wees?
  • Hoe weet julle hoeveel Getuies aan die predikingswerk deelneem?
  • Word persone wat met julle organisasie assosieer maar nie preek nie, as een van Jehovah se Getuies getel?
  • Hoekom is die regering se sensussyfers vir die getal Getuies hoër as julle syfers?
  • Groottotale vir 2025
    Wêreldrapport van Jehovah se Getuies vir die 2025-diensjaar
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Groottotale vir 2015
    2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Aardwye predikings- en onderrigtingswerk—groottotale vir 2007
    2008 Jaarboek van Jehovah se Getuies
Sien nog
Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
ijwfq artikel 46
Een van Jehovah se Getuies preek vir ’n vrou

Hoeveel Jehovah se Getuies is daar regoor die wêreld?

Rapport vir 2025

Getal Getuies regoor die wêreld

9 205 326

Gemeentes

119 652

Lande waar Jehovah se Getuies preek

241

Groottotale vir 2025

Totale vir lande en gebiede vir 2025

Hoe tel julle die aantal Getuies van Jehovah?

Ons tel slegs iemand as een van Jehovah se Getuies as hy die goeie nuus van God se Koninkryk elke maand verkondig (Matteus 24:14). Dit sluit diegene in wat as Getuies gedoop is, sowel as diegene wat kwalifiseer om die predikingswerk te doen, al is hulle nog nie gedoop nie.

Moet ’n mens geld skenk om een van Jehovah se Getuies te wees?

Nee. Donasies bepaal nie of iemand as ’n Getuie getel word en of iemand enige spesifieke toewysing of voorreg in ons organisasie het nie (Handelinge 8:18-20). Om die waarheid te sê, die meeste donasies word anoniem gemaak. Elke Getuie gee van sy tyd, energie en middele vir ons wêreldwye werk volgens sy eie begeerte en omstandighede. – 2 Korintiërs 9:7.

Hoe weet julle hoeveel Getuies aan die predikingswerk deelneem?

Getuies rapporteer hulle bedrywighede in die predikingswerk elke maand aan hulle plaaslike gemeente. Hierdie rapport word vrywillig gegee.

Gemeentelike rapporte word in tabelle gerangskik en die totale word na die plaaslike takkantoor gestuur. Die takkantoor stuur die totale van elke land of gebied na ons wêreldhoofkwartier.

Aan die einde van elke diensjaara word die verkondigerhoogtepunt van elke land gedurende daardie jaar vasgestel. Hierdie syfers word bymekaargetel om vas te stel hoeveel Getuies daar regoor die wêreld is. Gedetailleerde rapporte vir elke land word in die afdeling “Regoor die wêreld” op ons webwerf gepubliseer. Hierdie verslae moedig ons aan, net soos soortgelyke verslae die vroeë Christene aangemoedig het. – Handelinge 2:41; 4:4; 15:3.

Word persone wat met julle organisasie assosieer maar nie preek nie, as een van Jehovah se Getuies getel?

Hierdie persone word nie ingesluit onder die getal Getuies nie, maar hulle is welkom in ons gemeentes. Die meeste van hulle woon die jaarlikse Herdenking van Christus se dood by. So ons kan rofweg bepaal hoeveel hulle is deur te kyk na die verskil tussen die bywoningsyfer van hierdie vergadering en die getal Getuies. In 2025 het 20 635 015 die Gedenkmaal bygewoon.

Baie wat nie ons vergaderinge bywoon nie, word gehelp deur ons gratis tuisbybelstudieprogram. Gedurende 2025 het ons elke maand gemiddeld 7 603 182 Bybelstudies gehou, waarvan party met verskillende mense op dieselfde tyd gehou is.

Hoekom is die regering se sensussyfers vir die getal Getuies hoër as julle syfers?

Die regering se sensusburo’s stel dikwels hulle syfers vas deur mense te vra aan watter godsdiensgroep hulle behoort. Byvoorbeeld, die Amerikaanse Sensusburo sê dat hulle in hulle opnames “wou vasstel of die deelnemers hulle as volgelinge van ’n godsdiensgemeenskap beskou” en het bygevoeg dat die syfers gebaseer is op persoonlike opinies en nie op feite nie. In teenstelling hiermee tel ons slegs iemand as een van Jehovah se Getuies as hy vir ander preek en hierdie bedrywighede rapporteer en nie diegene wat net sê dat hulle Getuies is nie.

a ’n Diensjaar is van 1 September tot 31 Augustus van die volgende kalenderjaar. Byvoorbeeld, die 2015-diensjaar was van 1 September 2014 tot 31 Augustus 2015.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel