Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 32
  • Is maniere werklik belangrik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is maniere werklik belangrik?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy omtrent maniere moet weet
  • Hoe om te verbeter
  • Kweek Christelike maniere aan in ’n ongemanierde wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • ‘Gedra julle op ’n manier wat die goeie nuus waardig is’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Goeie maniere—’n kenmerk van godvresende mense
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Lê goeie maniere aan die dag as bedienaars van God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 32
’n Tienerseun help ’n ouer vrou met haar kruideniersware

JONGMENSE VRA

Is maniere werklik belangrik?

‘Mense maak nie vir my die deur oop nie; waarom moet ek dit vir hulle doen?’

‘Is daar nie belangriker dinge as om te onthou om “asseblief”, “dankie” en “verskoon my” te sê nie?’

‘Ek hoef nie maniere te hê wanneer dit by my broers en susters kom nie. Ons is mos familie.’

Klink enige van hierdie stellings soos iets wat jy sou sê? Indien wel, geniet jy moontlik nie die voordele wat dit inhou om goeie maniere te hê nie!

  • Wat jy omtrent maniere moet weet

  • Hoe om te verbeter

  • Wat ander jongmense sê

Wat jy omtrent maniere moet weet

Goeie maniere kan jou lewe in die volgende drie opsigte verbeter:

  1. Jou reputasie. Hoe jy mense behandel, laat ’n indruk, hetsy goed of sleg. As jy goedgemanierd is, sal mense jou waarskynlik as ’n volwasse en verantwoordelike persoon beskou—en hulle sal jou daarvolgens behandel! Maar as jy onbeskof is, sal mense tot die slotsom kom dat jy net in jouself belangstel, en dan sal jy dit dalk moeilik vind om werk te kry en sal jy dalk ook ander geleenthede deur jou vingers laat glip. Soos die Bybel sê: “Die wreedaard stort sy eie liggaam in die skande.”—Spreuke 11:17, voetnoot in NW.

  2. Jou sosiale lewe. Die Bybel sê: “Beklee julle ... met liefde, want dit is ’n volmaakte band van eenheid” (Kolossense 3:14). Dit is beslis waar wanneer dit by vriendskap kom. Mense word aangetrek tot diegene wat goedgemanierd is en hulle goed behandel. Wie wil immers in die geselskap wees van iemand wat onbeskof is of ander aanstoot gee?

  3. Hoe mense jou behandel. “As jy altyd beleefd is”, sê ’n jong vrou met die naam Jennifer, “sal jy dalk mettertyd ’n verbetering sien in hoe selfs die onbeskofste mense jou behandel.” Maar as jy onbeskof is, sal jy moontlik die teenoorgestelde reaksie kry. Die Bybel sê: “Met die maat waarmee julle uitmeet, sal hulle vir julle uitmeet.”—Matteus 7:2.

Die slotsom: Interaksie met ander is deel van ons daaglikse lewe. Hoe jy dit hanteer, kan ’n uitwerking hê op hoe mense jou beskou en jou behandel. Eenvoudig gestel, jou maniere maak werklik saak!

Hoe om te verbeter

  1. Kyk hoe jy vaar wanneer dit by maniere kom. Vra jou vrae af soos: ‘Is ek respekvol wanneer ek met volwassenes praat? Hoe dikwels sê ek “asseblief”, “dankie” en “verskoon my”? Is my aandag op iets anders gerig wanneer ek met ander ’n gesprek voer—lees en stuur ek dalk selfs teksboodskappe? Behandel ek my ouers en my broers en susters met respek, of dink ek dat dit nie nodig is nie, want “hulle is mos familie”?’

    Die Bybel sê: “Neem die leiding in eerbetoning aan mekaar.”—Romeine 12:10.

  2. Stel doelwitte. Skryf drie opsigte neer waarin jy kan verbeter. Byvoorbeeld, die 15-jarige Allison sê: “Ek [moet] eerder meer luister as wat ek praat.” David, 19, sê dat hy sy bes wil doen om nie teksboodskappe te stuur terwyl hy tyd saam met sy familie en vriende deurbring nie. “Dis nie respekvol nie”, sê hy. “Ek sê basies vir hulle dat ek eerder met iemand anders wil gesels as met hulle.” Edward, 17, sê dat hy moet ophou om ander in die rede te val terwyl hulle praat. En Jennifer, wat vroeër aangehaal is, is vasbeslote om beter maniere aan die dag te lê wanneer sy met bejaardes te doen het. “Ek het altyd net vinnig ‘hallo’ gesê en dan ’n rede probeer vind om na my jong vriende toe te gaan”, sê sy. “Maar nou het ek werklik probeer om hulle te leer ken. Dit het my gehelp om baie beter maniere aan die dag te lê!”

    Die Bybel sê: “[Moenie] uit persoonlike belangstelling ’n oog op net julle eie sake hou nie, maar ook uit persoonlike belangstelling op dié van die ander.”—Filippense 2:4.

  3. Monitor jou vordering. Kyk ’n maand lank hoe jy vorder wat jou doelwitte ten opsigte van jou spraak of gedrag betref. Vra jou aan die einde van die maand af: ‘Hoe het om goedgemanierd te wees my gehelp om ’n beter mens te wees? In watter opsigte moet ek nog verbeter?’ Stel dan nuwe doelwitte.

    Die Bybel sê: “Net soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.”—Lukas 6:31.

Het jy geweet? Wat in een land as goeie maniere beskou word, word dalk in ’n ander land as onbeskof beskou. In Japan is dit byvoorbeeld gebruiklik om jou skoene uit te trek voordat jy by ’n huis ingaan. Maar in ander lande kan dit as slegte maniere beskou word. Wat is aanvaarbare gedrag waar jy woon?

WAT ANDER JONGMENSE SÊ

Selena

Selena

“Wanneer jy goedgemanierd is, is dit gewoonlik die eerste ding wat mense opmerk—en waardeer. Jy sal ook goed voel oor jouself omdat jy weet dat jy doen wat reg is.”

Megan

Megan

“As jy slegte maniere het, sal mense jou nie ernstig opneem nie. Maar as jy bedagsaam is, sal mense dieselfde respek aan jou betoon as wat jy aan hulle betoon.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel