Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 60
  • Vrees vir die dood—Hoe kan jy dit oorwin?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrees vir die dood—Hoe kan jy dit oorwin?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • “Die waarheid sal julle vrymaak”—Hoe?
    Ontwaak!—2012
  • Neig jou hart om Jehovah te vrees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Waarom moet ons God vrees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Leer om genot te vind in die vrees van Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 60

Vrees vir die dood—Hoe kan jy dit oorwin?

Die Bybel se antwoord

Ons is tereg bang vir die dood as ’n vyand en doen redelike stappe om ons lewe te beskerm (1 Korintiërs 15:26). Maar ’n onredelike vrees vir die dood wat op leuens of bygelowigheid gegrond is, maak mense “hulle hele lewe lank aan slawerny onderworpe” (Hebreërs 2:15). Kennis van die waarheid sal jou bevry van ’n morbiede vrees vir die dood—’n vrees wat jou kan beroof van die vermoë om die lewe te geniet.—Johannes 8:32.

Die waarheid omtrent die dood

  • Die dooies is bewus van niks (Psalm 146:4). Jy hoef nie pyn of foltering ná die dood te vrees nie, want die Bybel vergelyk die dood met slaap.—Psalm 13:3; Johannes 11:11-14.

  • Die dooies kan ons nie kwaad aandoen nie. Selfs dié wat voorheen bittere vyande was, is ‘magteloos in die dood’ (Spreuke 21:16). Die Bybel sê: “Hulle haat en hulle jaloesie het reeds vergaan.”—Prediker 9:6.

  • Die dood is nie noodwendig die permanente einde van ons bestaan nie. Deur middel van ’n opstanding sal God mense opwek wat gesterf het.—Johannes 5:28, 29; Handelinge 24:15.

  • God belowe dat daar ’n tyd sal wees wanneer ‘die dood nie meer daar sal wees nie’ (Openbaring 21:4). Die Bybel sê aangaande daardie tyd: “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop woon”, heeltemal vry van enige vrees vir die dood.—Psalm 37:29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel