Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 30
  • Wat is twee redes waarom God party gebede verwerp?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is twee redes waarom God party gebede verwerp?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Gebede wat verhoor word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Wie se gebede word verhoor?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Verhoor God my gebede?
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 30

Wat is twee redes waarom God party gebede verwerp?

Die Bybel se antwoord

Daar is party gebede wat God nie verhoor nie. Kyk na twee faktore wat sal veroorsaak dat God iemand se gebede ignoreer.

1. Die gebed is in stryd met God se wil

God verhoor nie versoeke wat in stryd is met sy wil of sy vereistes in die Bybel nie (1 Johannes 5:14). Byvoorbeeld, die Bybel vereis dat ons gierigheid vermy. Dobbelary bevorder gierigheid (1 Korintiërs 6:9, 10). God sal dus nie jou gebed verhoor as jy bid om die lotery te wen nie. God kan nie sommer net ontbied word om jou bevele uit te voer nie. Jy kan eintlik dankbaar wees hieroor. Anders sou jy moontlik moes vrees wat ander God kan vra om te doen.—Jakobus 4:3.

2. Die persoon wat bid, is opstandig

God luister nie na diegene wat vasbeslote is om hom deur hulle dade aanstoot te gee nie. Byvoorbeeld, God het vir diegene wat beweer het dat hulle hom aanbid, maar wat opstandig opgetree het, gesê: “Selfs al doen julle baie gebede, luister ek nie; julle hande is vol bloedvergieting” (Jesaja 1:15). Maar as hulle hulle weë verander het en ‘sake met God reggestel’ het, sou hy geluister het wanneer hulle tot hom gebid het.—Jesaja 1:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel