Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 29
  • Moet ek tot heiliges bid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet ek tot heiliges bid?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Heiliges
    Redenering uit die Skrif
  • Moet ons tot heiliges bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Is dit gepas om tot “heiliges” te bid?
    Ontwaak!—2010
  • Hoe kan ware heiliges jou help?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 29

Moet ek tot heiliges bid?

Die Bybel se antwoord

Nee. Die Bybel toon dat ons slegs tot God moet bid en dat ons dit in Jesus se naam moet doen. Jesus het vir sy dissipels gesê: “Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word” (Matteus 6:9, Ou Afrikaanse Bybelvertaling). Hy het nooit vir sy dissipels gesê om tot heiliges, engele of enigiemand anders buiten God te bid nie.

Jesus het ook vir sy volgelinge gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie” (Johannes 14:6). Slegs Jesus is deur God gemagtig om namens ons as Middelaar op te tree.—Hebreërs 7:25.

Sê nou ek bid tot God sowel as tot heiliges?

As deel van die Tien Gebooie het God gesê: “Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God” (Eksodus 20:5, OAB). In watter opsig is God ‘jaloers’? Dieselfde teks in die Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling sê dat hy ’n God is wat ‘onverdeelde trou eis’. God eis dat dade van trou of aanbidding—ook gebed—uitsluitlik tot hom gerig word.—Jesaja 48:11.

Ons gee God aanstoot as ons tot enigiemand anders bid, selfs tot heiliges of heilige engele. Toe die apostel Johannes probeer het om ’n engel te aanbid, het die engel hom gekeer deur te sê: “Moenie! Ek is ’n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God.”—Openbaring 19:10, OAB.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel