Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 13
  • Wanneer is die verslae oor Jesus geskryf?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer is die verslae oor Jesus geskryf?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat is die Evangelie werklik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Die “Nuwe Testament”—Geskiedenis of mite?
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
  • Die waarheid oor Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Vertel die Bybel ons die hele verhaal oor Jesus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 13
’n Man se hande wat in ’n boekrol skryf

Wanneer is die verslae oor Jesus geskryf?

Die Bybel se antwoord

Die apostel Johannes het oor sy verslag van die gebeure in Jesus se lewe geskryf: “Hy wat dit gesien het, het getuig, en sy getuienis is waar, en dié man weet dat hy ware dinge vertel, sodat julle ook kan glo.”—Johannes 19:35.

Een rede waarom ons die Evangelieverslae van Matteus, Markus, Lukas en Johannes kan vertrou, is dat dit geskryf is terwyl baie ooggetuies van die gebeure wat daarin beskryf word, nog gelewe het. Volgens party bronne is die Evangelie van Matteus reeds in die agtste jaar ná Christus se dood geskryf, dit wil sê omstreeks 41 HJ. Baie geleerdes meen dat dit ietwat later geskryf is, maar oor die algemeen is daar konsensus dat al die boeke van die Christelike Griekse Geskrifte gedurende die eerste eeu HJ geskryf is.

Mense wat Jesus gesien het terwyl hy op die aarde gelewe het en wat ooggetuies van sy dood en opstanding was, kon die Evangelieverslae bevestig. Hulle kon ook maklik enige onjuisthede blootgelê het. Professor F.F. Bruce sê: “Een van die sterk punte van die oorspronklike apostoliese predikingswerk is die vertroue waarmee hulle ’n beroep gedoen het op die kennis van hulle toehoorders; hulle het nie net gesê: ‘Ons is ooggetuies van hierdie dinge’ nie, maar ook: ‘Soos julle self ook weet’ (Handelinge 2:22).”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel