Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 11
  • Glo geleerdes dat Jesus bestaan het?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Glo geleerdes dat Jesus bestaan het?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Soortgelyke materiaal
  • 3 Leer die waarheid oor Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jesus Christus—Getuienis dat hy wel op die aarde was
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Die grootste mens wat nog geleef het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Jesus—Wie is hy?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 11
Jesus met ’n doringkroon op sy kop

Glo geleerdes dat Jesus bestaan het?

Geleerdes het ’n vaste grondslag om te glo dat Jesus bestaan het. Die Encyclopædia Britannica se uitgawe van 2002 sê die volgende aangaande die verwysings wat eerste- en tweede-eeuse geskiedskrywers na Jesus en die vroeë Christene gemaak het: “Hierdie onafhanklike verslae bewys dat selfs die teenstanders van die Christelike godsdiens in die ou tyd nooit aan die historisiteit van Jesus getwyfel het nie. Dit is vir die eerste keer en op onvoldoende gronde aan die einde van die 18de, gedurende die 19de en aan die begin van die 20ste eeu betwis.”

In 2006 het die boek Jesus and Archaeology gesê: “Geen hoogaangeskrewe geleerde van vandag betwyfel dit dat ’n Jood met die naam Jesus, die seun van Josef, gelewe het nie; die meeste erken geredelik dat ons nou heelwat omtrent sy dade en sy basiese leringe weet.”

Die Bybel beeld Jesus uit as ’n werklike persoon. Dit voorsien die name van sy voorouers en gesinslede (Matteus 1:1; 13:55). Dit verstrek ook die name van vooraanstaande heersers wat tydgenote van Jesus was (Lukas 3:1, 2). Hierdie besonderhede stel navorsers in staat om die juistheid van die Bybelverslae te bevestig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel