Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 134
  • Geweld is nie die oplossing nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geweld is nie die oplossing nie
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat Jesus gesê het
  • Wat Jesus gedoen het en sal doen
  • Wat beteken dit “om julle vyande lief te hê”?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Daar sal wêreldvrede wees
    Nog onderwerpe
  • Wat is die Goue Reël?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Hou aan om goed te doen
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 134
Jesus leer ’n groep verskillende mans, vrouens en kinders.

LEER BY JESUS

Geweld is nie die oplossing nie

Vandag glo al hoe meer mense dat konflikte en probleme met geweld opgelos moet word. Maar dit is nie wat Jesus Christus ander geleer het of hoe hy opgetree het nie. Kyk na ’n paar van die dinge wat hy gesê en gedoen het.

Wat Jesus gesê het

In sy bekende Bergpredikasie het Jesus ander geleer dat woede, aggressie en geweld nie die oplossing vir meningsverskille is nie. Kyk na ’n paar voorbeelde.

  • “Alles wat julle . . . wil hê dat mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen” (Matteus 7:12; Lukas 6:31). Hierdie raad, wat dikwels die Goue Reëla genoem word, moedig ons aan om ander te behandel soos ons behandel wil word. Aangesien niemand gewelddadig behandel wil word nie, moet ons almal met respek en liefde behandel – selfs wanneer ons nie met hulle saamstem nie.

  • “As iemand jou op jou regterwang klap, draai die ander een ook na hom toe” (Matteus 5:38, 39; Lukas 6:29). Jesus het nie gesê dat ons dit vir ander maklik moet maak om ons sleg te behandel nie. Hy was eerder besig om die verkeerde idee dat dit aanvaarbaar is om wraak te neem, reg te stel – ’n idee wat blykbaar deur party godsdiensleiers geleer is. Hy het vir sy volgelinge gesê dat hulle nie wraak moet neem nie, maar eerder sagmoedig moet wees wanneer iemand hulle sleg behandel.b

  • “Hou aan om julle vyande lief te hê” (Matteus 5:43, 44; Lukas 6:27). Jesus het ons geleer dat ons liefdevol moet wees teenoor dié wat ons haat of onregverdig behandel. Hy het nie bedoel dat ons hulle verkeerde gedrag moet goedkeur nie.c Maar deur liefdevol te wees teenoor dié wat ons haat, kan ons hulle help om kalm te word en selfs liefdevol teenoor ons te wees.

Wat Jesus gedoen het en sal doen

Jesus het ander geleer dat geweld nie die oplossing is nie, en sy woorde en dade het met mekaar ooreengestem. Toe Jesus in hegtenis geneem is, het een van sy volgelinge iets gewelddadigs gedoen om hom te verdedig, maar Jesus het gesê: “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat die swaard gebruik, sal met die swaard doodgemaak word” (Matteus 26:52). Jesus het liefde aan sy vyande betoon deur dié wat hom mishandel het, te vergewe en selfs vir hulle te bid! – Lukas 23:33, 34; 1 Petrus 2:23.

Die Bybel belowe dat Jesus, wat as die Prins van Vrede beskryf word, binnekort ’n einde aan alle geweld sal maak (Jesaja 9:6, 7). Om meer oor hierdie wonderlike toekoms te leer, lees die artikel “Hoe oorlog en gewelddadige konflik sal eindig”.

a Vir meer inligting lees die artikel “Wat is die Goue Reël?”

b Vir meer inligting lees die artikel “Wat beteken ‘oog vir oog’?”

c Vir meer inligting lees die artikel “Wat beteken dit ‘om julle vyande lief te hê’?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel