Links bo: Marek M. Berezowski/Anadolu Agency via Getty Images; links onder: Halfpoint Images/Moment via Getty Images; in die middel: Zhai Yujia/China News Service/VCG via Getty Images; regs bo: Ismail Sen/Anadolu Agency via Getty Images; regs onder: E+/taseffski/via Getty Images
HOU AAN WAAK!
2023: ’n Jaar vol angstigheid – Wat sê die Bybel?
Gedurende 2023 het gebeure regoor die wêreld duidelik bewys dat ons in die tyd lewe wat die Bybel “die laaste dae” noem (2 Timoteus 3:1). Kyk hoe huidige gebeure ooreenstem met wat die Bybel voorspel het, in ons dag sou gebeur.
Die Bybel en gebeure regoor die wêreld
“Oorloë en berigte van oorloë.” – Matteus 24:6.
“Gewelddadige konflik neem toe in baie dele van die wêreld.”a
Sien die artikels “Wie sal die onskuldige mense red?” en “Regerings wêreldwyd spandeer meer as R39 biljoen aan militêre magte”.
“Aardbewings op die een plek ná die ander.” – Markus 13:8.
“Vanaf die begin van 2023 was daar nou al wêreldwyd 13 aardbewings bo 7, dit is van die hoogstes vandat daar rekord begin hou is.”b
Sien die artikel “Verwoestende aardbewings tref Turkye en Sirië”.
“Skrikwekkende dinge.” – Lukas 21:11.
“Die era van aardverwarming het geëindig; die era van die aarde wat kook, is hier.” – António Guterres, sekretaris-generaal van die VN.c
Sien die artikel “Die somer van 2023 se wêreldwye hittegolf”.
“Voedseltekorte.” – Matteus 24:7.
“2023: Nog ’n baie moeilike jaar vir dié wat sukkel om hulle gesinne van kos te voorsien.”d
Sien die artikel “Wêreldwye voedselkrisis as gevolg van oorlog en klimaatsverandering”.
“Swaar tye . . . wat moeilik is om deur te kom.” – 2 Timoteus 3:1.
“Een uit elke agt persone regoor die wêreld lewe met ’n verstandelike gesondsheidsprobleem.”e
Sien die artikel “Verstandelike gesondheidsprobleme onder tieners al hoe erger”.
Wat kan ons in 2024 verwag?
Niemand weet presies wat in 2024 sal gebeur nie. Maar gebeure in die wêreld wys dat God se Koninkryk, of hemelse regering, binnekort menseregerings sal vervang en ’n einde sal maak aan al die oorsake van swaarkry en angstigheid. – Daniël 2:44; Openbaring 21:4.
Terwyl ons wag, kan ons op God vertrou om ons te help wanneer ons angstig voel. Die Bybel sê:
“Wanneer ek bang is, stel ek my vertroue in u.” – Psalm 56:3.
Hoe kan ons wys dat ons op God vertrou? Ons nooi jou om meer te leer oor die Bybel se belofte van ’n toekoms sonder swaarkry. Probeer ons gratis Bybelstudieprogram om te sien hoe jy en jou gesin kan baatvind by die Bybel se beloftes.
a Foreign Affairs, “A World at War: What Is Behind the Global Explosion of Violent Conflict?” deur Emma Beals en Peter Salisbury, 30 Oktober 2023.
b Earthquake News, “Year 2023: Number of Major Earthquakes on Course for Record,” Mei 2023.
c Verenigde Nasies, “Secretary-General’s Opening Remarks at Press Conference on Climate,” 27 Julie 2023.
d Wêreldvoedselprogram, “A Global Food Crisis.”
e Wêreldgesondheidsorganisasie, “World Mental Health Day 2023,” 10 Oktober 2023.