Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 30
  • Pornografie kan jou huwelik vernietig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Pornografie kan jou huwelik vernietig
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy moet weet
  • Wat jy kan doen
  • Wanneer ’n huweliksmaat na pornografie kyk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Hoe kan ek pornografie vermy?
    Ontwaak!—2007
  • Waarom moet ek pornografie verwerp?
    Jongmense vra
  • Die skade wat pornografie veroorsaak
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 30
’n Mismoedige man hou sy kop vas met sy hand terwyl sy vrou moedeloos by die venster uitkyk.

HULP VIR DIE GESIN | DIE HUWELIK

Pornografie kan jou huwelik vernietig

Sy vrou het sy geheim ontdek. Hy het gesê dat hy baie jammer is. Hy het belowe om dit nie weer te doen nie, en hy het opgehou – vir ’n rukkie. Toe het hy dit weer gedoen, en die siklus het van voor af begin.

Is jy in ’n soortgelyke situasie? As dit so is, moet jy besef hoe jou gewoonte om na pornografie te kyk, jou maat affekteer, en hoe jy eens en vir altyd kan ophou.a

In hierdie artikel

  • Wat jy moet weet

  • Wat jy kan doen

  • As jou man na pornografie kyk

Wat jy moet weet

Pornografie kan ’n huwelik vernietig. Dit kan veroorsaak dat die onskuldige maat gegrief voel en nie meer die ander persoon vertrou nie.b

’n Vrou wie se man na pornografie kyk, kan die volgende gevoelens ervaar:

  • Jy voel asof jy verraai is. ’n Getroude vrou met die naam Sarah sê: “Dit is asof my man oor en oor egbreuk gepleeg het.”

  • Jy voel nie goed genoeg nie. Een getroude vrou sê dat haar man se gewoonte om na pornografie te kyk, haar “lelik en skaam” laat voel het.

  • ’n Gebrek aan vertroue. ’n Getroude vrou met die naam Helen sê: “Alles wat my man doen, maak my agterdogtig.”

  • Angstigheid. ’n Getroude vrou met die naam Catherine erken: “Ek was die heeltyd bekommerd oor my man se gewoonte, en dit het my lewe oorheers.”

Iets om oor te dink: Die Bybel sê dat ’n man sy vrou moet liefhê (Efesiërs 5:25). Volg hy hierdie raad as hy haar laat voel soos hierbo genoem word?

Wat jy kan doen

Dit is nie maklik om op te hou om na pornografie te kyk nie. ’n Getroude vrou met die naam Stacey sê: “My man het opgehou om sigarette en dagga te rook en alkohol te gebruik, maar hy sukkel nog steeds met pornografie.”

As jy in hierdie situasie is, kan die volgende voorstelle jou help om heeltemal met die gewoonte op te hou.

  • Verstaan hoekom pornografie sleg is. Pornografie veroorsaak dat ’n persoon selfsugtige dinge doen wat hy dink vir hom plesier sal bring. Maar dit beskadig die liefde, vertroue en lojaliteit wat nodig is in ’n gelukkige huwelik. Dit is ook disrespekvol teenoor die Insteller van die huwelik, Jehovah God.

    Bybelwaarheid: “Die huwelik moet . . . eerbaar wees.” – Hebreërs 13:4.

  • Neem verantwoordelikheid vir jou optrede. Moenie sê: ‘Ek sou nie pornografie nodig gehad het as my vrou meer liefdevol was’ nie. Om jou vrou te blameer is onregverdig, en dit gee jou net ’n maklike verskoning om weer na pornografie te kyk wanneer sy jou teleurstel.

    Bybelwaarheid: “Elkeen word getoets wanneer hy deur sy eie begeerte gelok en verlei word.” – Jakobus 1:14.

  • Kommunikeer eerlik met jou maat. ’n Man met die naam Kevin sê: “Ek gesels elke dag met my vrou hieroor. Ek praat met haar oor of ek na iets uitlokkends gekyk het of nie. Deur dit te doen, voel sy nie dat ek enige geheime van haar hou nie.”

    Bybelwaarheid: “Ons wil ons in alles eerlik gedra.” – Hebreërs 13:18.

  • Wees versigtig. Al dink jy dat jy die gewoonte gebreek het, kan ’n terugslag selfs jare later gebeur. Kevin, wat vroeër aangehaal is, sê: “Ek het pornografie tien jaar lank weerstaan en myself oortuig dat my probleem verby is. Maar die verslawing was nog steeds daar, dit het net gewag vir die regte omstandighede.”

    Bybelwaarheid: “Die een wat dink dat hy staan, moet . . . oppas dat hy nie val nie.” – 1 Korintiërs 10:12.

  • Wanneer die versoeking kom, wag eers. Hoewel jy nie ’n verkeerde begeerte kan keer nie, kan jy kies of jy daarop gaan reageer of nie. Die begeerte sal verbygaan – dalk gouer as wat jy dink as jy leer om eerder aan ander dinge te dink.

    Bybelwaarheid: “Elkeen van julle moet weet hoe om sy eie liggaam in heiligheid en eer onder beheer te hou. Moet julle nie laat lei deur gierige, onbeheerste seksuele begeertes . . . nie.” – 1 Tessalonisense 4:4, 5.

  • Vermy omstandighede wat ’n terugslag kan veroorsaak. Die boek Willpower’s Not Enough sê: “As jy eers in hierdie vatbare situasie is, is dit asof jy ’n vuurhoutjie aangesteek het. Al wat nodig is, is ’n bietjie olie . . . om die vuur aan die brand te steek.”

    Bybelwaarheid: “Laat niks wat sleg is my oorheers nie.” – Psalm 119:133.

  • Moenie moed verloor nie. Dit kan lank vat – selfs jare – om jou maat se vertroue terug te kry. Maar baie paartjies het dit al reggekry.

    Bybelwaarheid: “Liefde is geduldig.” – 1 Korintiërs 13:4.

’n Paartjie sit langs mekaar en hou hande vas terwyl hulle praat.

a Hoewel hierdie artikel met mans praat, is die beginsels ook van toepassing op vrouens wat na pornografie kyk.

b Party getroude paartjies beweer dat as hulle saam na pornografie kyk, dit hulle verhouding kan verbeter. Maar hierdie gewoonte stem nie ooreen met Bybelbeginsels nie. – Spreuke 5:15-20; 1 Korintiërs 13:4, 5; Galasiërs 5:22, 23.

As jou man na pornografie kyk

Moenie jouself blameer nie. Dit beteken nie dat jy onbegeerlik, onaantreklik of nie goed genoeg is nie. Geen vrou kan voldoen aan die onredelike en dikwels onnatuurlike begeertes wat pornografie by kykers aanwakker nie.

Kan jy jou man help om jou vertroue weer te wen? Miskien kan jy – veral as hy regtig probeer om op te hou. ’n Getroude vrou met die naam Felicia help haar man om te besef wat vir hom ’n versoeking kan wees en wat hy kan doen om dit te vermy. Sy sê: “Ek weet dit is my man se probleem en nie myne nie. Maar deur hom te help, het ek ons huwelik gehelp.” – Prediker 4:9-12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel