Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 20
  • Wat as my kind verveeld is?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat as my kind verveeld is?
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kinders wat verveeld is – Wat party ouers gevind het
  • Kinders wat verveeld is – Wat jy kan doen
  • Is daar ’n maklike oplossing vir verveeldheid?
    Ontwaak!—1995
  • Sê nou ek is verveeld?
    Jongmense vra
  • Is jou lewe vervelig? Jy kan dit verander!
    Ontwaak!—1995
  • Sal ewige lewe in die Paradys vervelig wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 20
’n Ma sien dat haar seun verveeld by ’n tafel sit en na buite kyk.

HULP VIR DIE GESIN | OUERSKAP

Wat as my kind verveeld is?

Jou kind moet by die huis bly, en hy het niks om te doen nie. “Ek is verveeld”, sê hy. Voordat jy die TV aansit of voorstel dat hy sy gunsteling videospeletjie speel, is daar ’n paar dinge om aan te dink.

Kinders wat verveeld is – Wat party ouers gevind het

  • Die hoeveelheid en tipe vermaak dra dalk by tot die probleem. ’n Pa met die naam Robert sê: “Vir party kinders lyk die daaglikse lewe soms vervelig wanneer dit vergelyk word met die TV of videospeletjies. Gewone dinge lyk net nie so opwindend nie.”

    Sy vrou, Barbara, stem saam. Sy sê: “’n Mens moet dink en hard werk in die regte lewe, en dinge gebeur gewoonlik nie so vinnig nie. Dit is vervelig vir kinders wat baie van hulle tyd gebruik om TV te kyk of videospeletjies te speel.”

  • As jy baie tyd aan sosiale media spandeer, kan dit veroorsaak dat jy sleg voel oor jouself. Wanneer ’n jongmens na die foto’s en video’s van vriende kyk, kan hulle eie lewe baie vervelig lyk. ’n Meisie met die naam Beth sê: “Dis maklik om te dink: ‘Al die ander mense het ’n lekker tyd terwyl ek by die huis sit’.”

    Ure op sosiale media kan ’n mens ook leeg laat voel – en dan is jy nog steeds verveeld. ’n Jong man met die naam Chris sê: “Dit hou jou dalk besig, maar wanneer jy klaar is, het jy niks om daarvoor te wys nie.”

  • Om verveeld te wees, kan ’n geleentheid skep. ’n Ma met die naam Katherine sê dat om verveeld te wees, gee kinders ’n kans om kreatief te raak. Sy sê byvoorbeeld: “’n Eenvoudige boks kan ’n tydmasjien, ’n kar, ’n boot of ’n ruimteskip word. ’n Kombers oor meubels kan ’n tent word.”

    Daarom beskryf die sielkundige Sherry Turkle verveeldheid as “’n geleentheid om jou verbeelding te gebruik”.a So verveeldheid is nie noodwendig ’n slegte ding nie. Die boek Disconnected sê ook: “Verveeldheid doen vir jou brein wat gewigte vir jou spiere doen.”

Die slotsom: Moenie jou kinders se verveeldheid as ’n probleem beskou nie, maar eerder as ’n geleentheid om hulle te help om kreatief te word.

Kinders wat verveeld is – Wat jy kan doen

  • As dit moontlik is, laat jou kinders buite speel. Barbara, wat vroeër aangehaal is, sê: “Dit is ongelooflik hoe sonskyn en vars lug kinders kan help om nie verveeld te wees nie. Toe ons kinders eers buite begin speel het, het hulle verbeelding oorgeneem!”

    Bybelwaarheid: “Daar is vir alles ’n vasgestelde tyd, . . . ’n tyd om te lag [en] ’n tyd om rond te huppel.” – Prediker 3:1, 4, voetnoot.

    Iets om oor te dink: Wat kan ek doen sodat my kinders meer buite speel? As dit nie ’n opsie is om buite te speel nie, watter kreatiewe aktiwiteite binne die huis is daar vir hulle beskikbaar?

  • Help jou kinders om aan ander te dink. ’n Ma met die naam Lillian stel voor: “Sny die gras of tel die blare op by ’n bejaarde vriend of vriendin se huis. Of jy kan vir hulle iets kook en ’n draai maak om hallo te sê. Om dinge vir ander te doen, kan jou regtig gelukkig maak.”

    Bybelwaarheid: “Die vrygewige persoon sal voorspoedig wees, en die een wat ander versterk, sal self versterk word.” – Spreuke 11:25.

    Iets om oor te dink: Hoe kan jy jou kinders help om gelukkig te voel wanneer hulle iets vir ander doen?

  • Stel die voorbeeld. Hoe jy oor jou daaglikse roetine praat, kan ’n uitwerking op jou kinders hê. ’n Ma met die naam Sarah sê: “As ons dit laat klink asof ons lewe vervelig is, leer ons ons kinders om verveeld te wees. Maar wanneer ons positief oor ons lewe is, help ons ons kinders om dieselfde te doen.”

    Bybelwaarheid: “Vir die een met ’n vrolike hart is die lewe ’n fees.” – Spreuke 15:15.

    Iets om oor te dink: Wat hoor my kinders as ek oor my daaglikse roetine praat? Wat sien hulle my doen as ek verveeld is?

Wenk: Help jou kinders om ’n lysie met kreatiewe aktiwiteite te maak. ’n Ma met die naam Allison sê: “Ons het ’n boksie met voorstelle waarin almal in die gesin hulle idees kan ingooi.”

a Uit die boek Reclaiming Conversation.

“’n Wonderlike geleentheid”

Michael en Tammy.

“Wanneer kinders kla dat hulle verveeld is, is dit nie die tyd om hulle aan te moedig om TV te kyk of om met hulle foon te speel sodat jy kan aangaan met die dinge waarmee jy besig was nie. ‘Ek is verveeld’ beteken eintlik jou kind wil tyd met sy ma en pa spandeer. Wat ’n wonderlike geleentheid!” – Michael, saam met sy vrou, Tammy.

Hersiening: Hoe kan jy jou kinders help wanneer hulle verveeld is?

  • As dit moontlik is, laat jou kinders buite speel. Om buite te speel in die vars lug kan ’n kind se verbeelding en kreatiwiteit stimuleer.

  • Help jou kinders om aan ander te dink. Om dinge vir ander te doen, kan kinders regtig gelukkig maak en keer dat hulle verveeld raak.

  • Stel die voorbeeld. As jy positief is oor jou daaglikse roetine, sal jou kinders ook heel moontlik so voel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel