Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwhf artikel 18
  • Maak tyd vir mekaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak tyd vir mekaar
  • Hulp vir die gesin
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Saam maar elkeen doen sy eie ding – Hoekom?
  • Wat jy kan doen
  • Punte om te bespreek
  • Hoe raak tegnologie jou huwelik?
    Ontwaak! – 2021
  • Hoe om werk “by die werk” te los
    Hulp vir die gesin
  • Hoe om ’n egskeiding te vermy wanneer julle ouer is
    Hulp vir die gesin
  • Hoe om tegnologie op sy plek te hou
    Hulp vir die gesin
Sien nog
Hulp vir die gesin
ijwhf artikel 18
’n Gelukkige man en vrou maak saam kos.

HULP VIR DIE GESIN | DIE HUWELIK

Maak tyd vir mekaar

Vir baie getroude paartjies is dit moeilik om met mekaar te praat, selfs al is hulle bymekaar. Wat is die redes hiervoor?

  • Saam maar elkeen doen sy eie ding – Hoekom?

  • Wat jy kan doen

  • Wat ander paartjies sê

  • Punte om te bespreek

Saam maar elkeen doen sy eie ding – Hoekom?

  • Moegheid

    “Wanneer ons tyd saam moet spandeer, is of my man te moeg of ek is te moeg. Wanneer ek moeg is, is selfs die kleinste dingetjies geneig om my te irriteer. Dit is beter as ons net TV kyk.” – Anna.

  • Elektroniese toestelle trek julle aandag af

    “Sosiale media en vermaak aanlyn kan baie van jou tyd vat. Jy kan ure daaraan spandeer sonder om met jou huweliksmaat te praat. Jy kan net sowel nie in dieselfde vertrek wees nie.” – Katherine.

  • Julle stel nie in dieselfde dinge belang nie

    “As my man ná werk by die huis kom, spandeer hy baie tyd aan sy stokperdjies. Hy werk baie hard, so hy verdien dit om tyd op sy eie te spandeer om dinge te doen waarvan hy hou. Maar ek wens ons kon meer tyd saam spandeer.” – Jane.

  • Werk

    “As gevolg van tegnologie kan ons werk selfs al is ons by die huis met ons familie. Baie keer antwoord ek e-posse en teksboodskappe vir die werk, wanneer ek eintlik tyd met my vrou kan spandeer.” – Mark.

Wat jy kan doen

  • Beskou tyd saam as iets wat belangrik is, nie iets wat net nou en dan moet gebeur nie.

    Bybelwaarheid: ‘Maak seker van die belangriker dinge.’ – Filippense 1:10.

    Iets om oor te dink: Wys jou optrede dat jou huwelik vir jou belangriker is as jou werk of jou stokperdjies? Gee jy net tyd en aandag aan jou huweliksmaat wanneer jy niks anders het om te doen nie?

    Wenk: Maak gereeld planne om tyd alleen saam met jou huweliksmaat te spandeer sonder enige afleidings.

    “Ek hou baie daarvan wanneer my man net vir ons twee planne maak. Dit laat my spesiaal voel, en dit verseker my dat hy tyd saam met my wil spandeer. Dit maak dat ek meer lief is vir hom.” – Anna.

  • Leer om jou elektroniese toestelle te ignoreer.

    Bybelwaarheid: “Daar is vir alles ’n vasgestelde tyd.” – Prediker 3:1.

    Iets om oor te dink: Hoe dikwels laat jy toe dat ’n boodskap op jou foon jou keer om jou volle aandag aan jou huweliksmaat te gee?

    Wenk: Probeer om ten minste een maaltyd elke dag saam te eet – en los julle fone in ’n ander vertrek. Wanneer julle saam eet, is dit ’n goeie tyd om oor die dinge te praat wat julle gedurende die dag gedoen het.

  • Wanneer dit moontlik is, doen huistakies saam.

    Bybelwaarheid: “Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle harde werk.” – Prediker 4:9.

    Iets om oor te dink: Hoe gereeld gaan jy of jou huweliksmaat op julle eie om dinge vir die gesin te doen of te kry?

    Wenk: Werk saam en help mekaar – selfs al hoef net een van julle die takie te doen.

    “Probeer dinge soos om inkopies te doen, skottelgoed te was, klere op te vou en in die tuin te werk as geleenthede te sien om tyd saam te spandeer.” – Nina.

  • Wees redelik

    Bybelwaarheid: “Laat julle redelikheid . . . bekend word.” – Filippense 4:5.

    Iets om oor te dink: Hoe kan jy seker maak dat jy nie te veel van jou huweliksmaat verwag nie?

    Wenk: Praat met mekaar sodat julle kan verstaan wat julle albei nodig het. Besluit hoe julle julle tyd op ’n manier kan spandeer wat julle albei gelukkig sal maak.

    “My man het baie energie, maar as gevolg my gesondheid het ek min energie. Ek sê gereeld vir my man om buite toe te gaan en te doen wat hom gelukkig maak en dan sal ek by die huis bly totdat hy terugkom. Ek bly by die huis om die rus te kry wat ek nodig het, maar hy gaan uit om die oefening te kry wat hy nodig het. Ons voel albei beter omdat ons doen wat nodig is.” – Daniela.

    Wat ander paartjies sê

    Jamin en Kendra.

    “Om ’n maaltyd saam te eet, is ’n goeie tyd om oor belangrike dinge of selfs lekker dinge te praat. Dit help ’n man en vrou om goeie vriende te bly en nie net twee mense te wees wat saam in ’n huis woon nie.” – Jamin, saam met sy vrou, Kendra.

    Monica en Shawn.

    “Jy moet eet, so hoekom dit nie saam doen nie? Party van die beste herinneringe wat ek van my kinderjare het, is om saam met my ouers om die etenstafel te sit. Net so, wanneer ek en my man saam eet, skep dit geleenthede om gelukkige tye saam te geniet wat ons in die toekoms sal onthou.” – Monica, saam met haar man, Shawn.

Punte om te bespreek

Julle kan eers oor elkeen van die volgende vrae op julle eie dink. Bespreek dan julle antwoorde met mekaar.

  • Dink jy dat jy en jou huweliksmaat nou genoeg tyd saam spandeer?

  • Watter dinge het jou huweliksmaat gedoen om meer tyd saam met jou te spandeer waarvoor jy hom of haar kan prys?

  • Wat wil jy hê moet jou huweliksmaat beter doen?

  • Hoe gereeld word jou aandag afgetrek deur ’n elektroniese toestel sodat jy nie luister na wat jou huweliksmaat sê nie?

  • Hoe kan julle albei redelik wees in wat julle van mekaar verwag?

  • Watter veranderinge kan elkeen van julle hierdie week maak om meer tyd saam te spandeer?

Hersiening: Maak die meeste van julle tyd saam

  • Beskou tyd saam as iets wat belangrik is, nie iets wat net nou en dan moet gebeur nie.

  • Leer om jou elektroniese toestelle te ignoreer.

  • Wanneer dit moontlik is, doen huistakies saam.

  • Wees redelik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel