Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 172
  • Wie was Maria Magdalena?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie was Maria Magdalena?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Was Maria Magdalena ’n prostituut?
  • Was Maria Magdalena ’n “apostel vir die apostels”?
  • Was Maria Magdalena Jesus Christus se vrou?
  • “Ek het die Here gesien!”
    Wees moedig en maak God gelukkig
  • “Ek het die Here gesien!”
    Volg hulle geloof na
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 172
Maria Magdalena ontmoet Jesus, wat uit die dood opgewek is, voor ’n leë graf.

Wie was Maria Magdalena?

Die Bybel se antwoord

Maria Magdalena was ’n getroue navolger van Jesus Christus. Haar naam, Magdalena, verwys dalk na die dorp Magdala (moontlik Magadan), wat naby die See van Galilea was. Maria het dalk eens op ’n tyd daar gebly.

Maria Magdalena was een van die vroue wat saam met Jesus en sy dissipels gereis het en het na hulle materiële behoeftes omgesien (Lukas 8:1-3). Sy was ’n ooggetuie van Jesus se teregstelling, en sy was een van die eerste mense wat hom gesien het nadat hy uit die dood opgewek is. – Markus 15:40; Johannes 20:11-18.

  • Was Maria Magdalena ’n prostituut?

  • Was Maria Magdalena ’n “apostel vir die apostels”?

  • Was Maria Magdalena Jesus Christus se vrou?

  • Hoeveel vroue met die naam Maria word in die Bybel genoem?

Was Maria Magdalena ’n prostituut?

Die Bybel sê nie dat Maria Magdalena ’n prostituut was nie. Al wat dit oor haar sê, is dat Jesus sewe demone uit haar uitgedryf het. – Lukas 8:2.

Waar het die idee dat sy ’n prostituut is, vandaan gekom? Honderde jare ná Maria Magdalena se dood is daar gesê dat sy dieselfde persoon was as die onbekende vrou (waarskynlik ’n prostituut) wat Jesus se voete met haar trane gewas het en met haar hare afgedroog het (Lukas 7:36-38). Maar daar is geen bewyse in die Bybel hiervan nie.

Was Maria Magdalena ’n “apostel vir die apostels”?

Nee. Die Katolieke Kerk noem Maria “sint Maria Magdalena” sowel as “die apostel vir die apostels” omdat sy onder die eerste persone was wat die apostels vertel het dat Jesus uit die dood opgewek is (Johannes 20:18). Maar dit beteken nie dat sy ’n apostel was nie. En nêrens in die Bybel word sy een genoem nie. – Lukas 6:12-16.

Die Bybel is na aan die einde van die eerste eeu HJ voltooi. Maar dit was eers in die sesde eeu dat kerkleiers self besluit het om vir Maria Magdalena ’n hoër posisie te gee. In geskrifte uit die tweede en derde eeu – wat nie deel van die Bybel is nie – word daar gesê dat party van Jesus se apostels jaloers was op Maria. Hierdie stories is opgemaak en is nie deel van die geïnspireerde Skrif nie.

Was Maria Magdalena Jesus Christus se vrou?

Nee. Die Bybel maak dit duidelik dat Jesus nie getrou het nie.a

a Sien die artikel “Was Jesus getroud? Het Jesus broers en susters gehad?”

Hoeveel vroue met die naam Maria word in die Bybel genoem?

Ses vroue met die naam Maria word in die Bybel genoem.b

  1. 1. Die ma van Jesus. – Matteus 1:18.

  2. 2. Die suster van Marta en Lasarus. – Johannes 11:1, 2.

  3. 3. Maria Magdalena. – Lukas 8:2.

  4. 4. Die ma van Jakobus en Joses. – Matteus 27:56.

  5. 5. Die ma van Johannes Markus. – Handelinge 12:12.

  6. 6. ’n Christen in Rome wat hard gewerk het vir die broers en susters daar. – Romeine 16:6.

b Die naam Maria is ’n Griekse vorm van die Hebreeuse naam Mirjam, wat die naam van Moses se suster was. – 1 Kronieke 6:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel