Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 129
  • Ek het ’n kommunistiese opstand oorleef

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ek het ’n kommunistiese opstand oorleef
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Van misdaadbaas tot gerespekteerde burger
    2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Die toewyding van takkantore
    2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Ek het gedink dat my lewe suksesvol is
    2017 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Diens gemotiveer deur ’n besef van dringendheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 129

INDONESIË

Ek het ’n kommunistiese opstand oorleef

Ronald Jacka

  • GEBORE 1928

  • GEDOOP 1941

  • PROFIEL Het meer as 25 jaar lank as takkneg in Indonesië gedien.

Ronald Jacka

IN DIE vroeë ure van 1 Oktober 1965 het troepe wat die Indonesiese Kommunistiese Party (PKI) ondersteun het, ses vooraanstaande generaals vermoor in ’n poging om die regering omver te werp. Die regering het gou en wreed gereageer. In wat al beskryf is as ’n landwye “orgie van geweld”, is sowat 500 000 vermeende kommuniste vermoor.

’n Hele paar weke ná die mislukte poging om die regering omver te werp, het ’n senior militêre bevelvoerder vir my gesê dat my naam boaan ’n lys is van godsdiensleiers in ons gebied wat die kommuniste van plan is om te vermoor. Hy het selfs aangebied om vir my te wys waar my graf gegrawe is, maar ek het sy aanbod vriendelik van die hand gewys. In die gespanne politieke atmosfeer wou ek nie in sy geselskap gesien word en my reputasie as ’n neutrale Christen op die spel plaas nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel