Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 130
  • Vyftig jaar ’n spesiale pionier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vyftig jaar ’n spesiale pionier
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is ’n pionier?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Kan jy Jehovah as ’n pionier dien?
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Diens gemotiveer deur ’n besef van dringendheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Het jy die pioniergees?
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 130

INDONESIË

Vyftig jaar ’n spesiale pionier

Alisten Lumare

  • GEBORE 1927

  • GEDOOP 1962

  • PROFIEL ’n Voormalige polisie-inspekteur wat meer as 50 jaar as ’n spesiale pionier gedien het.

Alisten Lumare

IN 1964 is ek as ’n spesiale pionier gestuur na Manokwari, Wes-Papoea, waar die klein gemeentetjie hewig deur die plaaslike geestelikes teëgestaan is. Kort nadat ek daar aangekom het, het ’n Protestantse predikant op my huis afgestorm.

“Ek gaan hierdie huis vernietig en Manokwari bevry van Jehovah se Getuies”, het hy woedend gedreig.

Weens my opleiding as ’n polisieman het sy grootpratery my nie geïntimideer nie. Ek het hom kalm geantwoord, en hy het uiteindelik in vrede weggegaan.—1 Pet. 3:15.

Destyds het Manokwari agt verkondigers gehad. Vandag, sowat 50 jaar later, is daar sewe gemeentes in die gebied. Meer as 1 200 mense het die plaaslike streekbyeenkoms in 2014 bygewoon. Wanneer ek dink aan wat Jehovah in hierdie afgesonderde gebied verrig het, voel ek werklik tevrede.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel