Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 128
  • ’n Onvergeetlike byeenkoms

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Onvergeetlike byeenkoms
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 128

INDONESIË

’n Onvergeetlike byeenkoms

VAN 15 tot 18 Augustus 1963 het honderde verkondigers van regoor die land en 122 internasionale besoekers in die stad Bandung, Wes-Java, bymekaargekom. Hulle het gekom om die “Ewige Goeie Nuus”-byeenkoms by te woon, die eerste internasionale byeenkoms wat in Indonesië gehou is.

Om vir die geleentheid voor te berei, moes die broers baie struikelblokke oorkom. Hulle moes drie keer ’n ander byeenkomsplek vind weens landwye Onafhanklikheidsdagvieringe. Toe stygende inflasie die owerheid beweeg het om vervoerkoste met 400 persent te vermeerder, het party afgevaardigdes eenvoudig ander vervoer gebruik. Een broer het ses dae geloop om by die byeenkoms uit te kom. Sewentig afgevaardigdes van Sulawesi het vyf dae op die dekke van stampvol bote deurgebring om die geleentheid by te woon.

By die byeenkoms was die Indonesiese afgevaardigdes verheug om hulle Christenbroers en -susters van ander lande te ontmoet, insluitende twee lede van die bestuursliggaam, Frederick Franz en Grant Suiter. ’n Besoekende afgevaardigde het gesê: “Die broers lyk so gelukkig hier; hulle lag en glimlag heeltyd.”

Meer as 750 mense het die byeenkoms bygewoon, en 34 is gedoop. “Hierdie geskiedkundige byeenkoms het baie belangstellendes beweeg om hulle standpunt vir die waarheid in te neem”, het Ronald Jacka gesê. “Dit het die plaaslike broers met entoesiasme vir God se werk vervul.”

Ronald Jacka en ’n tolk by die “Ewige Goeie Nuus”-byeenkoms in 1963

Ronald Jacka (regs) wat ’n toespraak hou by die “Ewige Goeie Nuus”-byeenkoms in 1963, saam met ’n tolk

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel