Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 101
  • Hy het geestelike skatte waardeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het geestelike skatte waardeer
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan ’n goeie buurman of buurvrou wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Goeie bure—Ons het hulle nodig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Goeie bure is ’n seën
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Meer as 70 jaar lank getrou aan God
    Ontwaak!—2009
Sien nog
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 101

INDONESIË

Hy het geestelike skatte waardeer

Thio Seng Bie

  • GEBORE 1906

  • GEDOOP 1937

  • PROFIEL ’n Getroue ouer man wat rassegeweld verduur het.—Soos vertel deur sy dogter Thio Sioe Nio.

Thio Seng Bie

IN Mei 1963 het haat teenoor Chinese regoor Wes-Java tot onluste gelei. Die stad wat die ergste hierdeur geraak is, was Sukabumi, waar ons gesin ’n vervoerbesigheid gehad het. Honderde mense wat soos besetenes opgetree het—insluitende party van ons bure—het by ons huis ingebreek. Ons het vreesbevange styf teen mekaar gesit terwyl hulle ons besittings gebreek of gevat het.

Toe die oproerige skare weggegaan het, het ander bure ons kom vertroos. My pa het saam met hulle op die sitkamervloer gesit. Daar het hy tussen ons stukkende besittings sy groot Soendanese Bybel gevind. Hy het dit oopgemaak en vir ons bure gesê dat hierdie probleme voorspel is. Daarna het hy die vreugdevolle Koninkrykshoop aan hulle verduidelik.

Dit was nooit vir my pa belangrik om aardse skatte op te gaar nie. Hy het ons dikwels herinner: “Geestelike dinge moet eerste kom!” Danksy sy ywerige voorbeeld het sy vrou, sy ses kinders, sy 90-jarige pa en baie familielede en bure die waarheid aangeneem.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel