Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 100
  • Die Bibelkring

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bibelkring
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 100

INDONESIË

Die Bibelkring

GEDURENDE die laat 1930’s het ’n nuwe godsdiensbeweging, die Bibelkring (’n Nederlandse naam wat “’n groep Bybelstudente” beteken), in die omgewing van die Tobameer in Noord-Soematra ontstaan. Die beweging het begin nadat ’n hele paar skoolonderwysers lektuur geneem het by ’n besoekende pionier, waarskynlik Eric Ewins, wat in 1936 in die omgewing van die Tobameer gepreek het. Wat die onderwysers gelees het, het hulle beweeg om die Batak-Protestantse Kerk te verlaat en om tuisbybelstudiegroepe te begin. Hierdie groepe het gegroei en vermeerder totdat daar honderde lede was.a

Dame Simbolon, ’n voormalige Bibelkring-lid

Voormalige Bibelkring-lid Limeria Dame Simbolon is nou ons Christensuster

Die lektuur wat die pionier by hulle gelaat het, het die vroeë Bibelkring gehelp om etlike Bybelwaarhede te identifiseer. “Hulle het geweier om die vlag te salueer en het Kersfees en verjaarsdagvierings laat vaar. Party het selfs van huis tot huis gepreek”, het Dame Simbolon gesê, ’n voormalige lid wat die waarheid in 1972 aangeneem het. Maar omdat die beweging nie deur God se organisasie gesteun is nie, is dit kort voor lank deur menslike redenasies beïnvloed. “Vroue is nie toegelaat om grimering, juweliersware, moderne kleredrag of selfs skoene te dra nie”, verduidelik Limeria Nadapdap, nog ’n voormalige lid wat nou ons geestelike suster is. “Lede is ook verbied om ’n nasionale identiteitskaart te verkry, ’n standpunt wat die regering baie kwaad gemaak het.”

Die Bibelkring-beweging het mettertyd in verskillende groepe verdeel en het geleidelik kleiner geword. Toe pioniers later na die omgewing van die Tobameer teruggekeer het, het baie voormalige Bibelkring-lede die waarheid aangeneem.

a Party bronne skat dat die Bibelkring op ’n sekere stadium duisende lede gehad het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel