Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 82-bl. 85 par. 5
  • ’n Oorsig van Indonesië

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Oorsig van Indonesië
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 82-bl. 85 par. 5

INDONESIË

’n Oorsig van Indonesië

Land By die ewenaar tussen Australië en die vasteland Asië lê Indonesië, die wêreld se grootste eilandgroep. Die meeste van die meer as 17 500 eilande het ruwe berge en digte tropiese woude. Omdat dit meer as 100 aktiewe vulkane het, is dit ook die streek met die meeste aktiewe vulkane ter wêreld.

’n Indonesiese vrou sit ’n hooftooisel op

Bevolking Indonesië het die vierde grootste bevolking ter wêreld (naas China, Indië en die Verenigde State), en daar is meer as 300 etniese groepe. Die Javaanse en Soendanese etniese groepe maak meer as die helfte van die bevolking uit.

Godsdiens Ongeveer 90 persent van Indonesiërs is Moslems. Die res is meestal Hindoes, Boeddhiste of verklaarde Christene. Baie mense volg ook tradisionele inheemse godsdiensgebruike.

Taal Meer as 700 tale word regoor die eilandgroep gepraat. Indonesies, afkomstig van Maleis, is die taal wat landwyd gebruik word. Die meeste mense praat ook ’n streektaal by die huis.

Vleis op stokkies

Bestaansmiddele Baie mense boer of dryf handel op klein skaal. Die land het baie minerale, hout, ruolie en aardgas en is ’n groot verskaffer van rubber en palmolie.

Kos Rys is die stapelvoedsel. Gewilde maaltye sluit nasi goréng (gebraaide rys en eiers met groente) in, asook satay (geroosterde vleis op ’n stokkie) en gado-gado (slaai met grondboontjiesous).

Klimaat Warm en bedompig. Moesonwinde veroorsaak twee seisoene—nat en droog. Donderstorms is algemeen.

LAND (vierkante kilometer)

1 910 931

BEVOLKING

256 000 000

VERKONDIGERS IN 2015

26 246

VERHOUDING: 1 VERKONDIGER TOT

9 754

GEDENKMAALOPKOMS IN 2015

55 864

’n Kaart van Indonesië
    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel