STUDIEWENK
Verstaan die Bybel se illustrasies
Die Bybel bevat baie illustrasies. Maar baie mense wat die Bybel lees, sukkel om hierdie illustrasies te verstaan (Matt. 13:13). Wat kan jou help om die regte betekenis van illustrasies wat in die Bybel gebruik word, te verstaan? Probeer hierdie stappe:
Identifiseer die onderwerp en die beeld. Illustrasies vergelyk ’n onderwerp met ’n beeld. Openbaring 3:3 vergelyk byvoorbeeld Jesus se koms (die onderwerp) met die koms van ’n dief (die beeld).
Bepaal hoe die onderwerp en die beeld soortgelyk is. Vind die kenmerke en die eienskappe wat die onderwerp soortgelyk aan die beeld maak.
Maak die regte gevolgtrekking. Party ooreenkomste tussen die onderwerp en die beeld kan tot verkeerde gevolgtrekkings lei. In die voorbeeld hierbo kom Jesus nie om iets te steel nie. Die konteks wys eerder dat sy koms soos dié van ’n dief sal wees in die sin dat dit onverwags sal wees en nie aangekondig sal word nie.