Onthou jy?
Het jy hierdie jaar se nommers van Die Wagtoring goed deurgelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:
Wat motiveer ons om Jehovah te eer?
Ons doen dit omdat ons diep respek vir Jehovah het en hom baie liefhet. Ons eer hom ook omdat ons wil hê dat ander hom moet ken. – w25.01, bl. 3.
As iemand ons seermaak, hoe kan ons hulle makliker vergewe?
Ons ignoreer nie net ons gevoelens nie; maar wanneer ons ophou om kwaad te wees en om ander te verwyt, kan dit ons help om dit te vermy om beskadig te word deur bitterheid. – w25.02, bl. 15-16.
Hoekom is die dissipel Markus ’n goeie voorbeeld vir jong broers?
Markus het gewillig ’n toewysing aanvaar om te dien. Al was hy moontlik seergemaak en teleurgesteld as gevolg van ’n situasie, het Markus nie opgegee nie. Hy het goeie vriende met Paulus en ander volwasse Christene geword. – w25.04, bl. 27.
Wat het Jesus bedoel toe hy gebid het: “Ek het u naam aan hulle bekend gemaak”? (Joh. 17:26)
Sy dissipels het God se naam reeds geken. Maar Jesus het die Persoon agter die naam, insluitende Sy doel met die aarde en vir die mens, Sy bedrywighede en Sy eienskappe, bekend gemaak. – w25.05, bl. 20-21.
Wat besef ons as ons beskeie is?
Ons besef dat ons sekere dinge nie weet nie. Byvoorbeeld, ons weet nie wanneer die einde sal kom nie of hoe Jehovah dalk op daardie tyd sal optree nie. Ons weet ook nie wat môre sal gebeur nie of hoe goed Jehovah ons ken nie. – w25.06, bl. 15-18.
Wat kan ons help om baat te vind by ’n artikel of ’n openbare toespraak?
Ons kan onsself afvra: ‘Watter bewyse word gebruik om die gehoor te oortuig? Is daar ’n effektiewe illustrasie wat ek kan gebruik wanneer ek onderrig? Wie sal dalk in hierdie onderwerp belangstel?’ – w25.07, bl. 19.
Wat kan ons omtrent God se vergifnis leer uit hoe hy Dawid behandel het?
Al het Dawid ernstige sondes gepleeg, het Jehovah hom vergewe toe hy opreg berou toon (1 Kon. 9:4, 5). Wanneer God vergewe, hou hy nie ’n fout van die verlede teen die sondaar nie of noem hy dit nie in die toekoms nie. – w25.08, bl. 17.
Wat kan jy doen as ’n Bybelstudent sukkel om iets te verstaan?
As hy nog steeds sukkel om iets te verstaan nadat jy jou bes probeer het om dit uit die Bybel vir hom te leer, beweeg aan en beplan om weer later daarna terug te keer. – w25.09, bl. 24.
Die Bybel sê dat ons deur “die krag van sonde bedrieg” kan word (Heb. 3:13). Hoe so?
Sonde kan ons in die versoeking bring om verkeerde dade te doen. Dit kan ook verantwoordelik wees vir aanhoudende twyfelgedagtes, soos of God ons regtig liefhet. – w25.10, bl. 16.
Watter drie dinge kan ons persoonlike gebede betekenisvoller maak?
(1) Ons kan oor Jehovah se eienskappe nadink. (2) Ons kan dink oor watter probleme ons het en dit noem, soos wanneer ons iemand moet vergewe. (3) Ons kan ons tyd vat wanneer ons bid. Dan sal ons meer geneig wees om ons diepste gedagtes uit te druk. – w25.10, bl. 19-20.
Hoe kan ons ouer persone help?
Ons kan dié wat ouer is, besoek en bel. Ons kan dalk ook saam met hulle na mediese afsprake gaan. Of ons kan saam met ouer persone in verskillende vorme van die bediening werk. – w25.11, bl. 6-7.
Wat is die belangrike aspekte van ’n eerbare Christentroue?
Wees gehoorsaam aan enige wetlike vereistes wat van toepassing is. Maak seker dat die atmosfeer van die seremonie en onthaal die vrug van God se gees weerspieël. Wees beskeie in julle kleredrag, en vermy onskriftuurlike gebruike. Kommunikeer goed terwyl die troue beplan word. – w25.12, bl. 21-24.