16-22 FEBRUARIE
JESAJA 36-37
Lied 150 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. “Moenie bang wees weens die woorde wat jy gehoor het nie”
(10 min.)
Die Rabsake het na Jerusalem gegaan om Jehovah se volk bang te maak (Jes 36:1, 2; it “Hiskia” nr. 1 ¶14-mwbr)
Hy het probeer om hulle swak en hopeloos te laat voel (Jes 36:8; ip-1 386 ¶10)
Hy het hulle vertroue in Jehovah en in die koning gespot (Jes 36:7, 18-20; ip-1 388 ¶13-14)
Jehovah se mense hoef nie bang te wees vir dié wat hulle probeer keer om op Jehovah te vertrou nie. – Jes 37:6, 7
IDEE VIR GESINSAANBIDDING: Kyk na die VIDEO “O Jehovah, . . . in u het ek my vertroue gestel”, en bespreek die lesse wat julle geleer het.
2. Geestelike skatte
(10 min.)
Jes 37:29 – Op watter manier het Jehovah ’n toom tussen koning Sanherib se lippe gesit? (it “Toom” ¶4-mwbr)
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Jes 37:14-23 (th studie 2)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) HUIS TOT HUIS. Deel ’n waarheid uit Aanhangsel A van die Wees lief vir mense-brosjure (lmd les 1: Punt 4).
5. Begin ’n gesprek
(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. (lmd les 3: Punt 5)
6. Verduidelik wat jy glo
(5 min.) Demonstrasie. ijwbq artikel 110 ¶1-4 – Tema: Wat is doop? (th studie 17)
Lied 118
7. ‘Hoekom is jy vol vertroue?’
(15 min.) Bespreking.
Het iemand al ooit jou geloof in God, jou geloof in die Bybel of jou besluit om een van Jehovah se Getuies te wees bevraagteken of gespot? As dit al gebeur het, het jy dalk senuweeagtig of bang gevoel. Wat ander sê, kan veroorsaak dat jy twyfel oor dit waarin ons glo. Wat kan jy doen om seker te maak dat dit nie gebeur nie?
Lees Jesaja 36:4. Vra dan vir die gehoor:
Hoekom is dit belangrik om sterk vertroue in ons oortuigings op te bou?
Speel die VIDEO My tienerlewe – Is dit logies om in God te glo? Vra dan vir die gehoor:
Wat het Elibaldo en Crystal gedoen om hulle vertroue te versterk?
Wat oortuig jou dat God bestaan?
Watter Bybelverse oortuig jou dat . . .
Jehovah jou liefhet?
Jehovah jou altyd sal help?
jy God se mense gevind het?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) lfb les 62-63