Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb26 Januarie bl. 6-7
  • 19-25 Januarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 19-25 Januarie
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2026
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2026
mwb26 Januarie bl. 6-7

19-25 JANUARIE

JESAJA 24-27

Lied 159 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. “Dit is ons God!”

(10 min.)

Ons het baie goeie redes om trots te wees op ons God, Jehovah (Jes 25:9; cl 15 ¶21)

Hy belowe om vir ons baie goeie dinge in die nuwe wêreld te gee – insluitende ’n groot verskeidenheid lekker kos (Jes 25:6; w24.12 6 ¶14)

Hy sal vir ons ewige lewe gee (Jes 25:​7, 8; w25.01 28 ¶11-12)

’n Ouer broer in ’n rolstoel getuig vir sy versorger.

VRA JOU AF: ‘Vir wie kan ek gedurende hierdie week van Jehovah se beloftes vertel?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Jes 26:3 – Hoe kan Jesaja se woorde dié help wat in ’n baie moeilike situasie is? (w24.12 24 ¶18)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

(4 min.) Jes 25:​1-9 (th studie 10)

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Vind uit in watter onderwerp die persoon belangstel. Wys vir die persoon hoe om inligting op ons webwerf, jw.org, te vind (lmd les 1: Punt 3).

5. Volg op

(4 min.) HUIS TOT HUIS. Deel ’n waarheid uit Aanhangsel A van die Wees lief vir mense-brosjure (lmd les 9: Punt 4).

6. Verduidelik wat jy glo

(5 min.) Demonstrasie. ijwbq artikel 160 – Tema: Hoekom word Jesus die Seun van God genoem? (th studie 3)

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 144

7. Vertrou ten volle op Jehovah wanneer jy voorberei vir mediese sorg of ’n operasie

(15 min.) Bespreking.

Jehovah beskerm dié “wat ten volle op [hom] vertrou”. (Lees Jesaja 26:3.) Wanneer ons vir mediese situasies voorberei, kan ons wys dat ons ten volle op Jehovah vertrou deur gebruik te maak van die voorsienings wat hy vir ons gee.

Tonele uit die video “Is jy voorbereid vir mediese situasies?” 1. ’n Broer gebruik die Bybel en les 39 van die “Geniet die lewe vir ewig!”-boek om navorsing te doen. 2. ’n Broer vul ’n DPA-kaart in. 3. ’n Lid van die Hospitaalskakelkomitee help iemand oor die foon. 4. ’n Suster gee dokumente vir ’n dokter.

Speel die VIDEO Is jy voorbereid vir mediese situasies? Vra dan vir die gehoor:

  • Watter drie voorsienings kan ons help om vir mediese situasies voor te berei?

  • Hoe help dokumente met mediese inligtinga ons?

  • Wanneer moet ons die Hospitaalskakelkomitee kontak?

  • Hoe voel jy oor hierdie liefdevolle voorsienings?

Die belofte van “blywende vrede” in Jesaja 26:3 beteken nie dat Jehovah ons teen mediese probleme sal beskerm nie. Hy help ons eerder deur middel van die liefdevolle voorsienings van sy organisasie om veilig te voel en vrede te hê gedurende sulke tye.

8. Gemeentelike Bybelstudie

(30 min.) lfb les 54-55

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 53 en gebed

a Inligting vir swanger ma’s (S-401), Inligting vir pasiënte wat operasies of chemoterapie nodig het (S-407) en Inligting vir ouers wie se kind mediese behandeling nodig het (S-55) kan by die ouermanne aangevra word wanneer jy dit nodig het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel