Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb23 Januarie bl. 5
  • Versterk jou geloof in God se Woord

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Versterk jou geloof in God se Woord
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Soortgelyke materiaal
  • Besluite wat wys dat ons op Jehovah vertrou
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Daaglikse Bybellees en die soeke na wysheid
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Hoe om lojaal te bly wanneer ons toetse van geloof ondervind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2026
  • Doen wat die Woord sê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
mwb23 Januarie bl. 5
Collage: ’n Jong suster lees en studeer die Bybel. 1. Sy maak ’n tydlyn van Bybelkarakters op ’n witbord. 2. Sy lees die studie-uitgawe van die “Nuwe Wêreld-vertaling” op jw.org. 3. Sy kyk na ’n kaart van lande in die Bybel. 4. Sy teken ’n prent van die hoëpriester en identifiseer sy klere.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Versterk jou geloof in God se Woord

God se Woord kan ons lewens verander (Heb 4:12). Maar om by die Bybel se leiding, instruksies en raad baat te vind, moet ons oortuig wees dat dit werklik “die woord van God” is (1Te 2:13). Hoe kan ons ons geloof in die Bybel versterk?

Lees ’n gedeelte van die Bybel elke dag. Terwyl jy lees, soek na bewyse dat Jehovah die Skrywer is. Byvoorbeeld, ondersoek die raad in die boek Spreuke, en kyk hoe die wysheid daarin op ons lewens vandag toegepas kan word. – Spr 13:20; 14:30.

Begin ’n studieprojek. Raak bekend met die bewyse dat die Bybel geïnspireer is. In die Navorsingsgids vir Jehovah se Getuies, kyk onder die onderwerp “Die Bybel” en dan “Deur God geïnspireer”. Jy kan ook jou geloof versterk dat die Bybel se boodskap nie verander het nie deur die inligting in Aanhangsel A3 van die Nuwe Wêreld-vertaling te ondersoek.

KYK NA DIE VIDEO HOEKOM ONS GELOOF HET IN . . . GOD SE WOORD, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe bevestig die ontdekking van ’n tempelmuur in Karnak, Egipte, die betroubaarheid van God se Woord?

  • Hoe weet ons dat die Bybel se boodskap nie verander het nie?

  • Hoe bewys die feit dat die Bybel nog steeds vandag bestaan dat dit die Woord van God is? – Lees Jesaja 40:8

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel