Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb21 Mei bl. 7
  • Dissipline – ’n Bewys van Jehovah se liefde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dissipline – ’n Bewys van Jehovah se liefde
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Begryp die doel van dissipline
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Kan jy dissipline aanvaar?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Dissipline — ’n Bewys van God se liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Hoe moet jy jou kinders dissiplineer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
mwb21 Mei bl. 7
Ouers staan by die deur en huil terwyl hulle kyk hoe hulle onberouvolle volwasse seun die huis verlaat.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Dissipline – ’n Bewys van Jehovah se liefde

Dissipline het hoofsaaklik te doen met onderrigting en opvoeding, maar dit kan ook regstelling en teregwysing insluit. Jehovah dissiplineer ons sodat ons hom op ’n aanvaarbare manier kan aanbid (Ro 12:1; Heb 12:10, 11). Soms is dissipline pynlik, maar dit lei tot regverdigheid en seëninge (Spr 10:7). Wat moet dié wat dissipline gee en dié wat dit kry, onthou?

Dié wat dissipline gee. Ouermanne, ouers en ander probeer om, soos Jehovah, met goedhartigheid en liefde te dissiplineer (Jer 46:28). Selfs streng dissipline moet op ’n manier gegee word wat by die situasie pas en deur liefde gemotiveer wees. – Tit 1:13.

Dié wat dissipline kry. Ons moet geen vorm van dissipline verwerp nie, maar probeer om dit dadelik toe te pas (Spr 3:11, 12). As onvolmaakte mense het ons almal dissipline nodig, en dissipline kom in verskillende vorme. Ons word dalk gedissiplineer deur dit wat ons in die Bybel lees of by gemeentelike vergaderinge hoor. Of party moet soms deur ’n regterlike komitee gedissiplineer word. As ons dissipline aanvaar en dit toepas, sal ons die ewige lewe kry. – Spr 10:17.

KYK NA DIE VIDEO “JEHOVAH DISSIPLINEER HOM WAT HY LIEFHET”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Jehovah dissiplineer hom wat hy liefhet’. As kind preek Canon saam met sy ouers.

    Hoe was Canon se lewe eers, en hoe het dit verander?

  • ’n Toneel uit die video ‘Jehovah dissiplineer hom wat hy liefhet’. As jong man praat Canon met die ouermanne.

    Watter liefdevolle dissipline het hy by Jehovah gekry?

  • ’n Toneel uit die video ‘Jehovah dissiplineer hom wat hy liefhet’. Later in sy lewe praat Canon met jongmense by ’n gemeentelike vergadering.

    Leer om lief te wees vir Jehovah se dissipline

    Watter lesse leer ons uit sy ondervinding?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel