SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 17-18
Nederige manne lei ander op en gee vir hulle verantwoordelikhede
Ervare broers wys dat hulle nederig en liefdevol is en dat hulle vooruit beplan wanneer hulle jonger broers oplei en vir hulle verantwoordelikhede gee. Hoe?
Kies dié wat die potensiaal het om meer verantwoordelikhede te hanteer
Sê duidelik vir hulle wat nodig is om die werk te doen
Gee vir hulle die geld, hulp of enige iets anders wat hulle nodig het om die werk te doen
Kyk hoe hulle vorder en wys dat jy vertrou dat hulle die werk kan doen
VRA JOU AF: ‘Watter verantwoordelikhede kan ek vir ander gee?’