SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 38-39
Jehovah het Josef nooit verlaat nie
Deur al Josef se moeilike tye het Jehovah ‘alles wat hy gedoen het, suksesvol gemaak’ en hom die “goedkeuring van die hoofbeampte van die tronk laat geniet” (Ge 39:2, 3, 21-23). Watter lesse kan ons uit hierdie verslag leer?
Wanneer ons deur moeilike tye gaan, beteken dit nie dat Jehovah ontevrede is met ons nie. – Ps 34:19.
Ons moet dink aan al die goeie dinge wat Jehovah vir ons doen en dankbaar wees. – Flp 4:6, 7.
Ons moet op Jehovah vertrou om ons te ondersteun. – Ps 55:22.