SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 40-41
Jehovah red Josef
Josef het omtrent 13 jaar lank swaar gekry omdat hy ’n slaaf en ’n gevangene was voordat Jehovah hom gered het. In plaas daarvan om negatief en kwaad te word, het Josef die dinge wat met hom gebeur het, gebruik om homself te verbeter (Ps 105:17-19). Hy het geweet dat Jehovah hom nooit verlaat het nie. Hoe het Josef die beste van sy situasie gemaak?
Hy het hard gewerk en hy was betroubaar, en daarom het Jehovah hom geseën. – Ge 39:21, 22
Hy het in ander belanggestel in plaas daarvan om planne te beraam om wraak te neem teen dié wat hom sleg behandel het. – Ge 40:5-7
Hoe help Josef se ondervinding my om nie op te gee wanneer ek probleme het nie?
Hoe kan ek die beste van my situasie maak totdat Jehovah my by Armageddon red?