DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Goeie gedrag en diep respek wen harte
Die goeie gedrag van vroue wat Christene word, kan baie keer hulle mans help om die waarheid te aanvaar. Maar hulle sal dalk jare lank moeilike tye moet deurmaak voordat dit gebeur (1Pe 2:21-23; 3:1, 2). As jy swaarkry en onregverdig behandel word, moet jy aanhou om die kwaad met die goeie te oorwin (Ro 12:21). Al luister jou man nie wanneer jy met hom oor die waarheid praat nie, kan jou goeie voorbeeld ’n positiewe uitwerking op hom hê.
Probeer om sake uit jou huweliksmaat se oogpunt te sien (Flp 2:3, 4). Betoon empatie en meegevoel, en doen jou bes om jou verantwoordelikhede as ’n vrou na te kom terwyl jy jou man met respek behandel. Wees ’n goeie luisteraar (Jak 1:19). Wees geduldig en verseker jou huweliksmaat dat jy hom liefhet. Selfs al behandel jou huweliksmaat jou nie met dieselfde liefde en respek nie, kan jy daarvan seker wees dat Jehovah jou getrouheid waardeer. – 1Pe 2:19, 20.
KYK NA DIE VIDEO JEHOVAH GEE ONS KRAG OM ONS VRAG TE DRA, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Hoe was die lewe vir Grace Li kort nadat sy getrou het?
Hoekom het sy in Bybelwaarheid begin belangstel?
Hoe het suster Li ná haar doop volhard, al was dit nie altyd maklik nie?
Wat het suster Li in haar gebed gesê oor haar man?
Watter seëninge het suster Li geniet as gevolg van haar goeie gedrag en diep respek?
Goeie gedrag en diep respek het baie krag!