SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 PETRUS 3-5
“Die einde van alles het naby gekom”
Ons sal binnekort die grootste verdrukking deurmaak wat die wêreld nog ooit gesien het. Hoe kan ons nou en in die toekoms geestelik sterk bly?
Bid aanhoudend, en gebruik elke vorm van gebed
Ontwikkel intense liefde vir ons Christenbroers en -susters, en hou aan om jou verhouding met hulle te versterk
Betoon liefdevolle gasvryheid
VRA JOU AF: ‘Op watter praktiese maniere kan ek intense liefde en gasvryheid betoon aan broers en susters in my gebied sowel as aan dié van regoor die wêreld?’