Verbeter jou vaardighede in die bediening—Bied die Leer Bybel-boek aan
Waarom dit belangrik is: Die Leer Bybel-boek is een van ons vernaamste onderrigmiddels. Maar voordat ons hierdie boek met iemand kan studeer, moet ons dit eers by hom laat. Daarom moet ons almal probeer om die Leer Bybel-boek op ’n vaardige wyse in die bediening aan te bied (Spr. 22:29). Daar is baie maniere om hierdie boek aan te bied, en verkondigers moet ’n aanbieding gebruik wat vir hulle werk.
Wenk vir die maand:
Hou oefensessies gedurende gesinsaanbidding.
Wanneer jy in die bediening is, kan jy vir ander verkondigers vertel wat jy beplan om te sê (Spr. 27:17). Kies ’n ander aanbieding as die een wat jy gebruik, nie doeltreffend is nie.