Rooster vir die week van 26 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 26 OKTOBER
Lied 15 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
ia hfst. 1 ¶1-13 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 12-15 (8 min.)
Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool (20 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: Word “gewortel” en “in die geloof standvastig gemaak”.—Kol. 2:6, 7.
10 min: Lektuuraanbod vir November. Bespreking. Wek entoesiasme om die traktate en die Leer Bybel-boek aan te bied. Bespreek kortliks belangrike punte uit die artikel “’n Opwindende ontwerp vir nuwe traktate!” in Ons Koninkryksbediening vir April 2014. Sluit ’n demonstrasie in wat gepas is vir julle gebied.
20 min: “Het God se Woord ’n uitwerking op jou daaglikse lewe?” Toespraak. Ná ’n kort inleiding, speel die gedramatiseerde Bybelvoorlesing op jw.org/af met die titel “Moenie beswyk wanneer jy deur Jehovah tereggewys word nie!” Beklemtoon hoe bepeinsing oor God se Woord ons kan help om beginsels te identifiseer wat ons in ons lewe kan toepas. Sluit af deur almal aan te spoor om baat te vind by die gedramatiseerde Bybelvoorlesing op jw.org/af.
Lied 113 en gebed