Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/15 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2015
Ons Koninkryksbediening—2015
km 10/15 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 26 Oktober 2015 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.

  1. Hoe lig die verslag in 2 Konings 13:18, 19 toe dat dit belangrik is om ywerig en heelhartig in God se diens te wees? [7 Sept., w10 4/15 bl. 26 par. 11]

  2. Wie was die koning van Israel toe Jona as ’n profeet gedien het, en wat besef ons omtrent Jona se bediening wanneer ons 2 Konings 14:23-25 lees? [7 Sept., w09 1/1 bl. 25 par. 4]

  3. Hoe het Agas getoon dat hy nie sy vertroue stel in God se woord wat deur middel van die profeet Jesaja gespreek is nie, en watter vraag kan ons ons afvra wanneer ons belangrike besluite moet neem? (2 Kon. 16:7). [14 Sept., w13 11/15 bl. 17 par. 5]

  4. Watter taktiek wat Rabsake gebruik het, gebruik teenstanders van God se volk vandag, en watter eienskap kan ons help om die valse redenasies van teenstanders te verwerp? (2 Kon. 18:22, 25). [14 Sept., w10 7/15 bl. 13 par. 3-4]

  5. Hoe kan Josia se voorbeeld van nederigheid ons help om meer baat te vind by ons Bybellees en -studie? (2 Kon. 22:19, 20, vtn. in NW). [21 Sept., w00 3/1 bl. 30 par. 2]

  6. Hoe het argeologie die bestaan bevestig van die twee konings wat in 2 Konings 25:27-30 genoem word? [28 Sept., w12 6/1 bl. 5 par. 2-3]

  7. Watter drie versoeke het Jabes tot Jehovah gerig, en wat leer ons hieruit omtrent gebed? (1 Kron. 4:9, 10). [5 Okt., w10 10/1 bl. 23]

  8. Hoe kan die uitslag van die oorlog wat in 1 Kronieke 5:18-22 beskryf word, ons versterk om ons geestelike stryd moedig te voer? [12 Okt., w05 10/1 bl. 9 par. 7]

  9. Waarom kon Dawid die gees van Jehovah se wet oor die heiligheid van bloed verstaan en respek daarvoor toon, en wat moet Dawid se voorbeeld ons beweeg om te doen? (1 Kron. 11:17-19). [19 Okt., w12 11/15 bl. 6-7 par. 12-14]

  10. Wat het Dawid nie gedoen toe hy die verbondsark na Jerusalem probeer neem het nie, en watter lewensbelangrike les kan ons uit hierdie verslag leer? (1 Kron. 15:13). [26 Okt., w03 5/1 bl. 10-11 par. 11-13]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel