Rooster vir die week van 19 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 19 OKTOBER
Lied 54 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
ia bl. 2-3 en inleiding ¶1-15 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 8-11 (8 min.)
Nr. 1: 1 Kronieke 11:15-25 (3 min. of minder)
Nr. 2: Elia—Tema: Moet nooit die krag van gebed onderskat nie—it-1-E bl. 710-713, “Elijah”, Nr. 1; of eie navorsing (5 min.)
Nr. 3: Wie is die aartsengel?—Glossary, nwt-E bl. 1693, “Archangel”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: Word “gewortel” en “in die geloof standvastig gemaak”.—Kol. 2:6, 7.
20 min: “Hoe ons as onderrigters mense se hart kan bereik.” Vrae en antwoorde. Hou twee demonstrasies wat verskillende reaksies uitlok. ’n Huisbewoner sê dat haar kind gesterf het en nou in die hemel is. In die eerste demonstrasie lees die verkondiger Prediker 9:5 wat toon wat die toestand van die dooies is. Die huisbewoner is nie vertroos deur die vers nie en reageer ongunstig. In die tweede demonstrasie vestig die verkondiger taktvol die aandag op die opstandingshoop deur Johannes 5:28, 29 te lees; hierdie keer reageer die huisbewoner baie beter.
10 min: Hetsy jonk of oud, wees ’n goeie voorbeeld vir ander (Fil. 3:17; 1 Tim. 4:12). Bespreking gebaseer op die Jaarboek vir 2015, bladsy 71, paragraaf 2, tot bladsy 72, paragraaf 4; en bladsy 76-77. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle geleer het.
Lied 90 en gebed