Verbeter jou vaardighede in die bediening—Help Bybelstudente om goeie studiegewoontes aan te kweek
Waarom dit belangrik is: Om tot geestelike volwassenheid te groei moet Bybelstudente hulle verstand en hart voed met meer as die basiese leringe van God se Woord (Heb. 5:12–6:1). Om te studeer is harde werk. Dit sluit in dat ons nadink oor hoe nuwe inligting verband hou met wat ons reeds weet en hoe ons dit prakties kan toepas (Spr. 2:1-6). As studente leer hoe om hulle eie navorsing te doen, sal dit hulle in staat stel om Bybelvrae met behulp van ons Christelike publikasies te beantwoord. Hulle ywerige inspanning om toe te pas wat hulle leer, sal hulle in staat stel om beproewinge te verduur wat hulle as Christene sal teëkom.—Luk. 6:47, 48.
Wenk vir die maand:
Vra jou Bybelstudent aan die einde van ’n onderhofie of ’n hoofstuk om in ’n paar sinne op te som wat hy so pas geleer het. As jy nie ’n student het nie, kan jy oefen om ’n Bybelgedeelte of ’n paragraaf uit Die Wagtoring in ’n paar sinne op te som om jou eie leesbegrip te verbeter.