Verbeter jou vaardighede in die bediening—Lei nuwelinge op
Waarom dit belangrik is: Nuwe dissipels van Jesus moet leer om “alles” te onderhou wat hy ons beveel het, en dit sluit in dat ons die waarheid aan ander leer (Matt. 28:19, 20). Baie nuwelinge het reeds gekwalifiseer om by die Teokratiese Bedieningskool aan te sluit en het moontlik al informeel vir familielede of vriende getuig. Maar wanneer hulle waardering toeneem vir die dinge wat hulle leer en hulle besef dat Jehovah wil hê dat alle mense die goeie nuus moet hoor, sal hulle dalk graag aan die veldbediening wil deelneem (Rom. 10:13, 14). Nadat nuwelinge as ongedoopte verkondigers goedgekeur is, sal goeie opleiding hulle help om meer selfvertroue te hê tydens hierdie noodsaaklike stadium in hulle geestelike vordering.—Luk. 6:40.
Wenk vir die maand:
Werk saam met jou student in die huis-tot-huis-bediening, en neem hom saam wanneer jy ’n herbesoek gaan doen of ’n Bybelstudie gaan hou. As jy nie ’n student het nie, kan jy ’n verkondiger met minder ondervinding nooi om saam met jou te werk.