Verkondig die waarheid oor Jesus ywerig
Ons ywer neem toe wanneer ons weet hoe om die waarheid oor Jesus aan ander bekend te maak. Jesus is die fondamenthoeksteen waarop ware geloof opgebou word (Ef. 2:20). Sonder hom sou ons geen hoop op lewe gehad het nie (Hand. 4:12). Daarom is dit belangrik dat almal Jesus se posisie in God se voorneme erken. Baie mense is deur onskriftuurlike leerstellings mislei. Ongelukkig kan hulle die vooruitsig verloor om baat te vind by wat God se Woord belowe vir diegene wat geloof in Jesus beoefen. Ons ywer vir die waarheid sal ons beweeg om opregtes van hart te help om ’n juiste begrip van Jesus, sy verhouding in vergelyking tot God en sy rol in God se voorneme te verkry. Sal jy gedurende hierdie Gedenkmaalseisoen die waarheid oor Jesus ywerig verkondig?