Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 23 Februarie 2015, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
Hoe het die vrystede in eertydse Israel verskil van heidense toevlugsoorde vir voortvlugtige misdadigers? (Jos. 20:2, 3). [5 Jan., w10 11/1 bl. 15 par. 4-6]
Waarom kon Josua die woorde in Josua 23:14 met volle vertroue sê, en waarom kan ons volle vertroue in Jehovah se beloftes hê? [12 Jan., w07 11/1 bl. 26 par. 19]
Waarom is Juda genoem as die eerste stam om besit te neem van die land wat daaraan toegeken is? (Rigt. 1:2, 4). [19 Jan., w05 1/15 bl. 24 par. 5]
Waarom het Barak daarop aangedring dat die profetes Debora saam met hom na die slagveld gaan? (Rigt. 4:8). [19 Jan., w05 1/15 bl. 25 par. 4]
Waarop dui die naam wat Gideon die altaar gegee het wat hy gebou het, en wat kan ons hieruit leer? (Rigt. 6:23, 24). [26 Jan., w14 2/15 bl. 22-23 par. 9]
Wat kan ons leer uit die antwoord wat Gideon die bakleierige Efraimiete gegee het? (Rigt. 8:1-3). [2 Feb., w05 7/15 bl. 16 par. 4]
Het Jefta ’n menseoffer in gedagte gehad toe hy sy gelofte gedoen het? (Rigt. 11:30, 31). [9 Feb., w05 1/15 bl. 25 par. 7]
Wat het Jefta se dogter, volgens Rigters 11:35-37, in staat gestel om haar vader se gelofte te vervul? [9 Feb., w11 12/15 bl. 20-21 par. 15-16]
Het dit tot anargie aanleiding gegee toe daar geen koning in Israel was nie en ‘elkeen gedoen het wat reg was in sy eie oë’? Verduidelik (Rigt. 17:6). [16 Feb., w05 1/15 bl. 27 par. 7]
Watter les kan ons oor volharding in gebed leer uit die verslag van die Israeliete wat twee keer ’n nederlaag toegedien is deur die eiesinnige stam Benjamin? (Rigt. 20:14-25). [23 Feb., w11 9/15 bl. 32 par. 1-4]