Deel “goeie dinge” deur gasvry te wees (Matt. 12:35a)
Ons almal wil ongetwyfeld “goeie dinge” met ander deel deur “die weg van gasvryheid” te volg (Rom. 12:13). Die ouer manne moet reël dat daar gasvryheid aan die besoekende spreker betoon word en dat sy reiskoste gedek word. Maar ons huiwer dalk om gasvryheid te betoon omdat ons dit nie so breed het nie of moontlik omdat dit ons senuweeagtig maak om mense na ons huis te nooi. As ons die raad toepas wat Jesus aan Marta gegee het, kan dit ons help om sulke gevoelens te oorkom (Luk. 10:39-42). Hy het beklemtoon dat “die goeie deel” van gasvryheid die assosiasie en die aanmoediging is, nie ’n groot ete of hoe mooi jou huis lyk nie. As ons hierdie raad toepas, kan ons almal “goeie dinge” met ons broers deel in ooreenstemming met God se Woord.—3 Joh. 5-8.