Rooster vir die week van 29 Desember
WEEK WAT BEGIN MET 29 DESEMBER
Lied 37 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 18 ¶1-8 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Josua 12-15 (10 min.)
Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool (20 min.)
Diensvergadering:
Maandelikse tema: Bring “goeie dinge” te voorskyn uit die goeie skat wat aan ons toevertrou is.—Matt. 12:35a.
20 min: Leer Bybelstudies en gelowige kinders “goeie dinge” op progressiewe wyse (Matt. 12:35a). Bespreking. Gebruik die volgende tekste om te toon wat ons van Bybelstudente en gelowige kinders moet verwag: 1 Korintiërs 13:11; 1 Petrus 2:2, 3, voetnoot in NW. Verduidelik wat dit beteken om die “melk wat tot die woord behoort” te ‘smaak’, en hoe ons ons studente en kinders kan help om dit te doen. Verduidelik die beginsel in Markus 4:28. (Sien Die Wagtoring van 15 Desember 2014, bl. 12, par. 6-8.) Voer ’n onderhoud met ’n bekwame verkondiger of ’n ouer wat kan verduidelik hoe hy of sy ’n Bybelstudie of ’n kind gehelp het om geestelike vordering te maak.—Ef. 4:13-15; sien die Vraebus in Ons Koninkryksbediening van Mei 2014.
10 min: “Deel ‘goeie dinge’ deur gasvry te wees (Matt. 12:35a).” Bespreking. Hoe het party daarby baat gevind of watter ondervindinge het hulle gehad omdat hulle gasvryheid betoon het? Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle gasvryheid aan ander kan betoon, veral diegene in voltydse diens. Noem die plaaslike reëling om ’n ete aan elke besoekende spreker te voorsien.
Lied 124 en gebed