Rooster vir die week van 13 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 13 OKTOBER
Lied 8 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 14 ¶10-15 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Deuteronomium 4-6 (10 min.)
Nr. 1: Deuteronomium 4:29-43 (4 min. of minder)
Nr. 2: Veranderinge wat aangebring moet word om God te behaag—rs bl. 372 ¶2–bl. 373 ¶1 (5 min.)
Nr. 3: Wat die Bybel oor homoseksualiteit sê—rs bl. 371 ¶4–bl. 372 ¶1 (5 min.)
Diensvergadering:
5 min: Wat beteken dit om met dringendheid te preek? Entoesiastiese toespraak wat 2 Timoteus 4:2 beklemtoon. Gebruik materiaal in Die Wagtoring van 15 Maart 2012, bladsye 16-17, paragrawe 7-9.
10 min: Waarom is ons predikingswerk dringend? Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Maart 2012, bladsye 15-16, paragrawe 3-6 en bladsy 18, paragrawe 14-18. Beklemtoon hoe dit ons kan help om met ’n gevoel van dringendheid te preek as ons die raad in die reeks artikels in Ons Koninkryksbediening met die titel “Verbeter jou vaardighede in die bediening” toepas.
15 min: “Benut jou geleenthede om die Koninkryksboodskap te verkondig!” Vrae en antwoorde. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, moet die gehoor genooi word om ondervindinge te vertel wat hulle tydens informele getuieniswerk gehad het. Sluit af deur die maandelikse tema te meld. Spoor die gehoor aan om die twee artikels in die reeks “’n Gesprek met ’n buurman” te lees wat by volgende week se Diensvergadering bespreek gaan word.
Lied 97 en gebed